‘n Plek waar ek al was.

Table MountainFoto: Pinterest

Vandag skryf ek oor ‘n plek waar ek al was. ‘n Plek wat my na aan die hart lê. ‘n Plek wat ‘n groot rol in my kinderjare gespeel het. Kaapstad. ‘n Plek wat ‘n stukkie… ‘n Groot stuk. Van my hart besit.

Ons het in Parow gebly in ‘n woonstel en dit was van my gelukkigste tye as kind. Op ‘n Sondagoggend het die Sondagskool bussie ons altyd kom oplaai. Op ‘n Sondagmiddag het ons by my ouma en oupa geëet en soms het ons saam hul op ‘n ‘drive around the Cape’ gegaan. Houtbaai, Gordon’s baai, daardie plekke. Dan het ons op Blouberg se strand gekarjakker in die Somer, diep in die see ingeloop in Gordon’s baai. Die gemeente waar ons betrokke was, Lewende Woord – Volle Evangelie Kerk van God –  Parow; was ons familie. Ek is steeds in kontak met hul. My oom is steeds die presiderende Pastoor daar en reis regoor die wêreld waar hy kerke plant en die Evangelie verkondig. Dit was onder een van sy preke toe ek op twaalfjarige ouderdom tot bekering gekom het. Dit is daar waar ek gedoop is.

Daarom besit die Kaap ‘n groot gedeelte van my hart. Nee ek verlang nie terug na die kospotte van Egipte nie, maar ek koester die herinneringe, want dit was ook in die Kaap met ons een jaar huweliksherdenking vakansie toe ek my eerste swangerskap toets gedoen het en daardie vae strepie wat positief aangedui het die opwagting van ons eerste baba aangekondig het.

Ja, daar was groot hartseer ook, maar ek het my losgemaak van dit wat agter is en strek my nou uit na dit wat voor is om die prys wat Jesus Christus is te behaal. Nes Paulus ons leer in Filippense 3:13.

Op watter plek was jy al wat altyd ‘n stukkie van jou hart sal besit?

Toodles!

img_2280-1Jy kan my boek, Karoo Vryheid; direk by my bestel. sonellvnspeaker@gmail.com

Vind my Engelse mamma blog hier: https://sonell.wordpress.com/ (It takes a village)

Vind my op Facebook: https://www.facebook.com/groups/1294873337297955/

BesprekingsBespreek my vir jou vroue funksie, jou skool of kerk.

 

 

8 thoughts on “‘n Plek waar ek al was.

  1. perdebytjie sê:

    My hart lê op ‘n plaas in die Boshofdistrik, naby Kimberley. Slegs herinneringe het oorgebly, want die ou plaashuis waar soveel van my jeugvreugdes afgespeel het, is vandag net ‘n murasie met wind wat deur die skeure huil.

  2. travel460 sê:

    My hart lê nie daar nie, maar my beste herinneringe aan ñ plek, is my laerskool maatjie se ouerhuis in Kloof, Natal. Sy en haar gesin het ñ baie groot invloed op my kinderdae gehad, so ek koppel hulle huis altyd aan goeie onthoue. Sal nooit daar verbyry oppad see toe, en nie vra dat die kar bietjie spoed moet verminder sodat ek net weer na die huis kan kyk nie.

  3. HesterLeyNel sê:

    Ek is nie regtig plekgebonde nie – te veel rondgetrek in my lewe. Ek hou van die Namakwalandse landstreek waar ek gebore is en grootgeword het, maar nie soveel dat ek weer wil terugtrek nie. Ek voel dieselfde oor die Weskus, maar op die oomblik verkies ek die Suidkus – ek kan dalk môre anders voel.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s