Die ooreenkoms tussen my en Wonderwoman.

Daar is min vroue met wie ek kan vereenselwig. Ek is mos maar so unieke weird enetjie jy weet, maar daar is nogal een vrou wat my nou na aan die hart kom lê het is Wonderwoman.

Daar is so paar skills wat sy het, wat ek ook het. Selfs die pakkie wat sy dra, dra ek ook. Net nie so… kaal nie.

Bonatuurlike krag en spoed.

As ma ontwikkel ek ook bonatuurlike kragte wanneer ek een van die kinders heeldag of soms albei die huis rond moet dra. Die spoed kom in wanneer een van hul iets laat val wat nie moet mors nie.

Vinnige reflekse.

As een van die twee besluit om iets te laat val of voor die verkeer in te hardloop dan kom my vinnige reflekse baie handig.

Langlewendheid.

Buiten dat ‘n ma mos nie siek word nie… Gaan ek ook virewig lewe saam my Koning!

Vlug.

Ek kan in flying mode oorskakel wanneer pakslae uitgedeel moet word.

Gooitou van waarheid.

Terwyl Wonderwoman ‘n gooitou van waarheid het, het ek ‘n gordel van waarheid wat my broek bo hou sodat ek nie in die verleentheid kom deur leuens te vertel nie. Honesty is the best policy.

Onvernietigbare armbande.

Haar armbande kan nie vernietig word nie en ook nie my borsplaat van geregtigheid nie, want deur Jesus Christus staan ek skoon en geregverdig en niemand kan dit vernietig of van my wegneem nie. Die vyand kan nie my hart, emosies of self-waarde aanval nie.

Projektiele kroon.

My kroon is die helm van my verlossing. Deur Jesus se dood en opstanding is ek verlos van die sonde en verenig met God wat my dan Sy Koningskind en mede erfgenaam saam Christus maak. Daarom is my gedagtes beskerm teen die leuens van die vyand.

Swaard.

My swaard is die woord van God wat ek gebruik om die waarheid van die leuen te skei en die vyand met die waarheid van die Woord van God te verslaan.

Skild.

My skild is my geloof in die Here sodat ek die vuurpyle van die vyand kan afkeer.

Skoene van bereidheid.

My sandale is gemaak uit die Goeie nuus van Jesus Christus en daarom is ek bereid om dit te verkondig vir die wêreld.

Toodles!

Jy kan my boek, Karoo Vryheid; direk by my bestel teen R200. Kontak my: sonellvnspeaker@gmail.com

Advertisements

7 thoughts on “Die ooreenkoms tussen my en Wonderwoman.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s