Boetie sussie liefde se voet.

Foto: Pinterest

Die afgelope twee weke het ouerskap my vir ‘n ses geslaan. Dit het twee weke gelede half 6 die oggend begin en die geveg gaan voort.

My twee kinders het ‘n konstante bakleiery aan die gang oor elke klein etlike dingetjie en ek is raadop. Hulle baklei letterlik oor nonsens. Bv. Wie gaan die deur oopmaak. Regtig!!?? Ugh, dit is op so punt dat ek sukkel om te skryf en ek moet begin met my nuwe boek. Asof die navorsing ens wat daarin gaan nie intimiderend genoeg is nie.

So nou wag ek maar vir wysheid van die Here af, want na twee weke kan ek net nie meer die konstante bakleiery vat nie.

Wie het raad?

Toodles!

17 thoughts on “Boetie sussie liefde se voet.

  1. travel460 sê:

    My oudste dogter se twee verskil ook 3 jaar; boet is die oudste. Dit gaan dikwels heel rof tussen die twee, sodat ek self lus is om in te gryp en ñ paar houe te gee. Ek doen dit darem nooit, maar sal my meisiekind dan eenkant daarop atend maak dat dinge bietjie handuit ruk. Dit neem vasbyt van haar en hul pappa, ñ paar ekstra reëls word neergelê vir ñ tydperk, reëls wat vir elkeen apart geld en niks lekker vir hulle is nie. Dit word gereeld hardop herhaal, so hulle hoor die gevolge van hul dade aanhoudend. En op ñ dag is dinge weer normaal. Ongelukkig gaan dit nie oor totdat iemand ingetree en hulle die gevolge vir dade bietjie moes ‘aanvoel’ nie. My kids gee nie maklik pakslae nie, so die baie praat is lekker uitputtend☺

    • sonell sê:

      Dit is verligtend om te hoor myne is nie die enigste twee wat so baklei nie. Dink dit help wanneer pappa handbysit, by ons is ek die een wat heeltyd moet dissiplineer en pakslae help ook nie meer nie. Ek sal moet kyk na ‘n drastiese reël verandering, anders gaan ek iewers weghardloop. 🙈

      • travel460 sê:

        Hulle is op die oomblik op die ouderdom waar elk sy eie ‘sterkte’ wil uittoets, en boeties het nodig om as die dominante een uit te tree. In vandag se dae moet seuntjies leer dat dogtertjies nie net altyd “back-off” nie, so die oefening is nodig.

  2. travel460 sê:

    Ek het die drie dogters, so het nooit die boetie-sussie ervaring gehad nie. Elkeen van die dogters het nou self ñ seuntjie en dogtertjie, so ek ervaar hulle x 3. Dit blyk makliker te wees as die sussie ouer is. Was self al menigte male stom geskrik as oudste boetie sy humeur met kleinsus verloor, en sy tart hom soms onnodig, ek sien dit.

  3. HesterLeyNel sê:

    Ek stem saam met Frannie, hulle sal mekaar self uitsorteer. Terwille van jou eie oorlewings sal jy egter moet sorg dat jy reëls neerlê wat verseker dat jy nie te veel gepla word nie. Ek het nooit pak gegee nie en ook nie vergoeding as hulle hulself goed gedra het nie (dit behoort die norm te wees sonder vergoeding), maar ek het hulle wel gestraf deur voorregte weg te neem. Game console weggepak, TV-ure verminder, speeltyd saam met maatjies opgeskort – dit het vir my gewerk.

    • sonell sê:

      Ek het vandag bietjie die saak bedink en dit is werklik die waarheid. Die beste gaan wees om goed waarvan hul hou te verminder of weg te neem. Die internet is propvol oulike idees vir reëls in prentjie vorm en ook take vir hul om te doen. Miskien as hul meer verantwoordelikheid het (gepas vir hul ouderdom) sal dinge werk. Ek wou soooo graag vandag my Towerpaleis inskrywing gedoen het maar teen 11:00 was ek verby klaar. 🙈

  4. storiesvangister sê:

    Los die kenners. Een van die dae is hulle groot en uit die huis uit en dan is die stemme net skimme in die eensaamheid.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s