Ek is klaar baklei.

Voordat ons kinders gehad het was ons huis die kalmte en rustigheid vanself. Ons het mooi en lief met mekaar gepraat en nooit baklei nie.

Na die kinders het ek ‘n “screamer” geword. Nie soos jy nou dink nie… Ek het begin gil en skree wanneer ek oorweldig gevoel het. Die eerste keer toe dit gebeur het, het ek myself nie geken nie. Daarna het dit meer gereeld gebeur. Ek moes alewig die dissipline toepas en dit oorweldig my, want ek is gehoor sensitief en ‘n kind wat skree trip my switch. Nie huil soos ek het mamma nodig huil nie. Tantrum skree…

Die afgelope 5 en half jaar was ek die een wat die dissipline in die huis uitgedeel het en na nog ‘n oorlog Dinsdagaand het ek gister vir die hubster gesê ek is klaar met dit. Ek het nou genoeg my innerlike vrede prysgegee en probeer om die kinders te dissiplineer. Dit is die man se werk. Hy is immers die autoriteit en as hy daardie titel wil behou, met alle respek gesê, gaan hy die pakslae en hardpraat werk moet doen. Ek sal troos en verduidelik, maar hy moet die res doen.

Die man is die hoof van die huis. Hy moet sy plek volstaan, nie net agteroor sit en ontvang nie… Dit is ‘n Bybelse beginsel en daarom wanneer ons dit toepas sal vrede in die huis heers. Ek gee maklik my ego prys vir vrede in ons huis.

Gisteraand het my threenager wéér haar vloermoer laat waai. Ek het vir pappa geroep en hy het huiwerig pak gegee, maar dit sal makliker raak vir hom. Hy is nie die harde tipe nie en dissiplineer is nie eintlik in sy kraal nie, maar ek het die staf vir hom gegee en nou moet hy dit gebruik, want ek wil sag en gelukkig wees. Die een wat troos. 😉

Nou ja toe. Ek hou jul op hoogte hoe dit gaan.

Toodles!

Kaartjies vir ons damesoggend op Standerton vir 9 Augustus sal binnekort beskikbaar wees.

Bespreek my vir jou damesoggend by: 0763437140 of sonellvnspeaker@gmail.com

11 thoughts on “Ek is klaar baklei.

  1. Hasie Fantasties sê:

    Dis seker nie ‘n saak om oor te lag nie maar ek het. Net vanoggend gebeur dit met die brakkie wat ons het. Hol van buite af na binne om die se besigheid te kom doen op my mat. Ek slaan en die brak maak of ek speel so ek trek toe manlief nader en hy voeter dat sy tjank. Ek sê nogal vir hom, ek wet jou daar is nie sulke goed as mens kinders het nie. Goeie ding ek het nie gewet nie ne

  2. Marike vdW sê:

    Sterkte…met 2 volwaardige tieners en een tween in die huis het ek teen dié tyd al my varkies en baklei verloor. Binnekort gaan boek ek my sommer by ‘n gastehuis in vir vrede.

  3. perdebytjie sê:

    Ek was die volmaakte viswyf op my dag. Ongelukkig is dit maar hoe dit gaan en in die oomblik voel mens asof die stadium nooit verbygaan nie. Jy verplaas jou woede oor die situasie op jou man, maar hy kan nie wegskram van sy verantwoordelikheid nie. Oppas net dat julle nie jul woede vir mekaar op die kinders uithaal nie. Dis ‘n sirkel…kwaad vir stout kind, kwaad vir man wat nie help, hy looi kind,want hy is kwaad vir jou….
    Byt vas, dis gouer verby as wat jy dink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s