Die afgelope tien maande het ek gesond geëet en gereeld geoefen. Die resultaat was 14kg minder wat ek nodig het om saam te dra. Buiten die gewig verloor en hoe om dit te doen het ek ook iets anders geleer. Iets wat eintlik baie belangriker is as die gewig.
Ek het geleer om my lyf lief te hê. Haar te koester vir wie sy is en bo alles te respekteer.
Ons vroue se liggame is so sterk. Dit kan tot die uiterste gedruk word en steeds verder gaan. Ek het geleer dat my liggaam my beste vriendin is en as ek haar nie gaan liefhê en waardeer nie, gaan ons nie baie lank saam ‘n pad kan loop nie en ek sou die skuldige wees.
Daarom het ek geleer om haar te waardeer en versorg. Gereeld ‘n kerslig skuimbad te vat. Lekker room aansmeer en mooi aantrek. Ek het geleer om my liggaam gesonde kos te voer en gereeld oefening te gee. Dit hou haar soepel en my gemoed positief.
Jou liggaam is die enigste een wat jy ooit sal hê, daarom… Wees goed vir haar. Voer haar. Oefen haar. Bederf haar. Sy verdien dit.
Toodles!
Bespreek my vir jou damesgeleentheid of skool: 0763437140 of sonellvnspeaker@gmail.com
O, ek stem saam. Antoinette Pienaar sê ook altyd hoe ons vir ons voete moet smeer met room en sê dankie, ens.
Netso!
Goeie raad hierdie.xxx
Pragtig en geluk dat jy so kon vasbyt om by jou doelwit uit te kom, Sonell!
Baie dankie*
Welgedaan! Baie mense leer nooit om gemaklik te wees in hulle eie velle nie.
Is so. Ek beplan om gracefully ouer te word en gemaklik te wees in my dop.