Uncategorized

Skryf Safari- Jou gelukkigste herinnering as kind.

Foto: Pinterest

Hierdie week is dit my beurt om die Skryf-Safari tema aan te kondig vir die week. Dankie Hester vir die geleentheid.

Hierdie week gesels ons oor ons gelukkigste herinnering as kind. Vertel ons daarvan, hoe oud was jy, waar het jul gewoon, hoekom het dit jou gelukkig gemaak?

My gelukkigste herinnering as kind is die dag toe my jonger boetie en ek in die parkie; oorkant die woonstel blok waarin ons gewoon het in Parow, gaan “kite” vlieg het.

Ek was so 11 of 12 jaar oud. Ons het elkeen ‘n Shoprite sak gevat, wol aan elke handvatsel vasgemaak , die sak in die lug gegooi en dan het die wind dit geskep. Dit was ‘n sonnige dag in die Kaap, maar die wind het soos oudergewoonte gewaai laat dit klap. Ons het ure daardie dag in die parkie baljaar met ons sak “kites”.

Wat is jou gunsteling herinnering as kind?

Toodles!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die

paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781922

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

17 gedagtes oor “Skryf Safari- Jou gelukkigste herinnering as kind.”

  1. Daar is soveel lekker herinneringe…. nou sal ek tussen die bondel moet gaan krap vir die lekkerste een. Ek hou van die plastiese sakkies as kites 😀 wonderlik hoe min dit gevat het om kinders vroeër te vermaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s