‘n Nuwe avontuur.

pre-loved

So my liewe bloggers en lesers, ek was so stil soos ‘n muis die afgelope tyd… Soveel so dat Bali Drome my gekontak het om te hoor of ons nog okay is. Kyk, as jou mede bloggers jou al begin mis dan moet jy weet jy het mense wat sommer baie vir jou omgee. Baie dankie dat jy my gekontak het liewe blogger vriendin.

Ek was die afgelope week druk besig met my nuwe tuis besigheid. Ek noem haar “Pre-Loved”. Ek verkoop tweedehandse klere en bykomstighede. Ek koop dit aan by mense wat dit nie meer wil hê nie en dan verkoop ek dit hier op my Facebook groepie: Pre-Loved Ek beplan om elke Woensdag en Vrydag nuwe klere op te laai. Dit gee my tyd om aan te koop, foto’s te neem van dit en dit op te laai. Die foto’s neem vat die meeste tyd, omdat ek die klere so netjies as moontlik probeer “stileer”…. Hoe mooi kan mens nou eintlik ‘n kortbroek of t-hemp stileer? Anyhoo, so dit vat baie van my tyd nou op.

Die gevolg natuurlik is dat my blogging daaronder ly en daarom sal ek dan Elke Maandag van 8-12am moet sit en die week se blogs vooruit tik en skeduleer, op ‘n Dinsdag oggend sal ek voor die Bybelstudie sessie my Woensdag video opname moet doen, dan is ek LIVE die Dinsdag aand of middag, afhangende of ek ‘n gas gaan hê of nie, op ‘n Woensdag sal ek die oggend moet foto’s neem van die klere om dit dan die aand te kan oplaai, op ‘n Donderdag is dit da weer die video opname vir Vrydag en op ‘n Vrydag is dit weer foto’s neem van die klere om dit dan die aand te kan oplaai. Intussen moet ek nog my gesin ook tevrede hou en bietjie tyd saam hul ook spandeer.

Hoewel my program nou heeltemal druk vol is, moet ek nog binne die volgende twee weke my taak vir my eksamen van my studies klaarmaak voordat ons met verlof gaan na Sanbonani. Phew! Ek is sommer uitasem getik aan hierdie program, maar ek weet dat die verlof ons uiters goed sal doen. As ek my man so kyk kan ek sien hy het dit al gister nodig gehad, maar dit is mos so, hoe nader mens aan die wegbreek tyd kom, hoe moeër word jy, want jy weet dit kom…

So nou ja. Julle moet ‘n heerlike dag hê, ek gaan nou eers al my blogger maats se skribbels lees en asem skep.

Toodles!

15 thoughts on “‘n Nuwe avontuur.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s