Ambivert.

Ambivert2Aanhaling: Pinterest

Volgens Google is ‘n “Ambivert” as volg:

ambivert
ˈambɪvəːt/
nounPsychology
noun: ambivert; plural noun: ambiverts
a person who has a balance of extrovert and introvert features in their personality.

Ek is presies dit. Ek is mal oor mense en vrek daaroor om saam mense te kuier en nuwe mense te ontmoet en gesellig te wees, maar daardie sy van my het verseker oor ‘n verval datum of sal ek eerder sê, verval tyd. Ek kan net vir so lank die ekstroverte sy van my verdra, want die introverte sy is sommige dae meer dominerend as ander en kan ek die geraas en gejil van mense ook net vir ‘n tydperk verduur, want dit tap my energie ongelooflik vinnig.

Wanneer ek ‘n ekstrovert is gee ek my alles. Ek sit al my energie daarin en dan is ek teen die einde van die geselligheid so gedaan dat ek net in my kas wil gaan wegkruip. My introverte self hou daarvan om haar nonsens wat sy opneem te kyk, by haarself, onder ‘n kombers in doodse stilte. Wanneer sy dit nie kry nie, raak sy grommerig en sukkel sy om mooi en inskiklik te wees…

Daar is soveel sye aan my. Ek hou baie van ‘n Maandag, want dan kan ek rustig wees wanneer ek die kinders by die skool afgelaai het na die naweek se gejaag en warboel mense. Ek hou ook baie van Vrydag, want naweke kan ek meer tyd saam my kinders spandeer. My man sal elke naweek ons vriende oornooi so ek berei myself heel week sielkundig voor vir ‘n naweek. Dit is eintlik snaaks hoe mens verander, want tien jaar terug was ek NET ‘n ekstrovert, nou is ek meer ‘n huis hen as enigiets anders.

Wanneer ek ‘n praatjie doen of LIVE chat op Facebook kom die ekstrovert uit my uit. Ek is mal oor haar en geniet haar vreeslik. Dit is vir my lekker om my ekstrovert uit te bring, maar dit is vir my ook lekker om introvert te wees. Dit gesê voel ek dit is baie belangrik om jouself te ken. Ek het die afgelope jaar of twee gevat om myself te leer ken. Omdat jy, jou hele lewe lank met jouself; d.w.s jou liggaam, siel en gees, spandeer is dit belangrik om jouself in elke area te ken. Ek het geleer wat is my gunsteling kos, wat is my gunsteling kleur, wat is my passie, hou ek daarvan om na musiek of praatjies te luister, verkies ek professionele drag of gemaklike drag, ens.

Ek vrek oor my eie geselskap. Tien jaar terug het ek niks daarvan gehou om in my eie geselskap te wees nie. My gedagtes was deurmekaar en ongeorganiseerd, nou is ek mal oor my eie geselskap en glo my, sy kan soms snaaks wees ook… Soveel so dat sy soms ‘n stand up show oorweeg, maar ek plak gou ‘n stuk masking tape oor daardie mond. Hahahaha!

Ek wil jou uitdaag om jouself beter te leer ken. Daar is ‘n magdom idees op Pinterest oor hoe presies jy dit kan doen. Ek hou daarvan om myself op ‘n date te vat… Ja dit klink weird, maar ek bederf myself met ‘n koffie en ‘n koek, of ek gaan fliek op my eie of tap ‘n bubblebath met kerslig. Laasgenoemde gebeur ten minste een maal per week… 🙂 Vat tyd en leer ken jouself. Dit beteken nie jy gaan nou groot kop kry en meer aan jouself dink as ander nie, maar jy gaan beslis meer dink van jouself en jouself erken en waardeer vir wie en wat jy is. Jy mag goed dink van jouself, God het jou na Sy beeld geskape, jy is die appel van Sy oog en Hy jubel en juig oor jou, jy mag ook.

Toodles!

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s