3 Vrae nader aan jou lewensdoel.

purposeAanhaling: Pinterest

Het jy al ooit gesit en wonder wat is jou lewensdoel? Hoekom is jy hier? Wat is dit aan jou wat jou uniek maak? Hoe weet ek wat is dit waarvoor God my geskape het?

Jesaja 43:7 sê dat ons geskape is vir God se eer. Ons is geskape om Hom te verheerlik. Dit is die nommer een ding waarvoor ons geskape is.  Daarom moet ons in alles wat ons doen God eer. Maar hoe kom mens uit by die ding wat jou uniek maak wat jy kan gebruik om die mense rondom jou te beïnvloed en God te eer daarin? 3 vrae…

1. Wat is jou belange?

Waarin stel jy belang? Wat is die een spesifieke ding waaroor jy kan oplees of nagte om wakker bly omdat jy tyd daaraan spandeer? Vir my is dit om te leer hoe om voluit te leef en om te leer hoe ander mense dit doen.

2. Wat maak jou kwaad?

Wat is daardie ding wat jou warm onder die kraag maak? Vir my is dit onregverdigheid. Ek sukkel om te verstaan waarom goeie goed met slegte mense gebeur. Ek sukkel om te verstaan waarom slegte goed met goeie mense gebeur. Waarom ly kinders honger? Waarom word slegte mense ryk en goeie mense arm? Ja, nie almal wat dit goed het is sleg nie en nie almal wat dit sleg het is goed nie. Maar waarom is dit so dat mense wat ‘n lelike hart het, hul uiterlike so mooi kan maak dat hul mense mislei en laat dink hulle is die kat se snor? Waarom kry mense wat kinders verdien nie kinders nie? Onregverdigheid maak my kwaad.

3. Wat maak jou opgewonde?

Wat is daadie een ding wat jou so opgewonde maak dat jy op en af wil spring van blydskap? Vir my is dit wanneer iemand bo hul omstandighede uitstyg. Wanneer iemand wen wat nooit gedink het hul sal in hul omstandighede wen nie. Dit maak my opgewonde. Wanneer ek sien goeie goed gebeur met goeie mense.

My doel in hierdie lewe glo ek is om mense te leer om weer te lag. Om in die reën te dans. Om mense te leer voluit en vreugdevol leef. Ek glo ek moet onregverdigheid aanspreek waar dit binne my vermoë is. En dan te jubel en juig wanneer mense bo hul omstandighede uitstyg. Daarom doen ek wat ek doen. Daarom sit ek video’s op Facebook. Daarom skryf ek. Daarom lag ek uit my maag uit. Ek weet wat is my doel vir hierdie lewe en glo dat wanneer my kinders eendag op my begrafnis is hul sal sê dat die gedagte omtrent my wat hul koester is dat ek nie bang was om te gaan waar niemand nog ooit was nie.

Ek weet Wie my geroep het, ek weet aan Wie ek verantwoording doen en ek weet Wie my beloon.

Wat is jou lewensdoel?

Toodles!

img_2397-5

8 thoughts on “3 Vrae nader aan jou lewensdoel.

  1. Andorize sê:

    Jou skrywe val so mooi in by my huidige ‘lewenstatus’, ek stem voldoende saam en ek hou sommer niks niks van onregverdigheid nie, omdat ek te veel daarvan te doen het in my lewe. Beautiful!

  2. Toortsie sê:

    So mooi. Ek is geroep om lig te wees en mense te help. Om te praat namens hulle wat nie kan nie.
    Wat my kwaad maak? Wanneer ek verkeerd aangehaal word. Wanneer my goeie bedoelings afgekraak word.
    Wat maak my bly? As ek uemand suen goed doen. As iemand sy kop oplig en die lewe in die oë kyk. Wanneer iemand weer moed het vir die volgende tree.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s