Aanhaling: Pinterest.
Ek het al ervaar dat dit in stresvolle tye moeiliker is om ander te versorg as jou eie emmer se energie vlakke laag lê. Daarom is dit vir my so belangrik om vir my happiness coaching kliënte dit duidelik te maak dat hul na hul eie welstand ook moet omsien. Jy kan nie uit ‘n leë emmer tap nie. Hier is ‘n paar maniere wat jy prakties kan toepas om jou emosionel emmer weer vol te maak:
1. Sorteer ‘n kamer of kas uit.
2. Probeer iets nuut met jou hare.
3. Steek kerse aan en tap vir jou ‘n borrelbad.
4. Doen iets vir iemand anders.
5. Strek.
6. Eet gesond.
7. Maak ‘n lys van goed waarvoor jy dankbaar is.
8. Skryf ‘n liefdesbrief aan jouself. (Ten minste 200 woorde)
9. Gaan stap in die buitelug.
10. Onttrek vir ‘n hele dag van sosiale media.
Toodles!
Nr 10 is baie goeie raad! (Maar dit sluit nie die blogs in nie, ne?)
Gladnie 😂😜