Tyd wag vir niemand.

DonderdagFoto: Pinterest.

Sewe jaar terug hierdie tyd was die hubster en ek pasgetroud. Ons het in ons heel eerste huis ingetrek uit ‘n duplex woonstel en was opgewonde oor die toekoms. Ons het drome gedroom en planne gemaak en terwyl ons dit gedoen het, het tyd verby gegaan. Life is what happens while you are busy making other plans. So het my skoonmoeks my geleer. Terwyl ons so gedroom het, het tyd verby gegaan. Sewe jaar in die getroude lewe in, twee oulike kindertjies en ons tweede huis later. Waar sal ons wees oor nog sewe jaar?

Oor sewe jaar is ons oudste 12 jaar en ons jongste 10 jaar oud. Dalk is ons steeds in ons huidige huis, (ek glo so, want trek wil ek nie weer nie). Dalk is ek bietjie verder as Facebook en Standerton met my motiveringspraatjies. Ek kan al die tienerstreke sien van ons kinders. Of dalk is ons gelukkig en is ons kinders nie so erg nie.

Die punt is, life happens while you are busy making other plans en ek is van nou af van plan om teenwoordig te wees in elke oomblik van elke dag. Net wanneer jy elke oomblik van elke dag kan teenwoordig wees kan jy die horlosie se arms stadiger laat loop.

Toodles!

img_2472-4

9 thoughts on “Tyd wag vir niemand.

  1. Andorize sê:

    Dis baie waar Sonell. Tyd wag vir niemand. My dogters is nou 21 en 18, en ek is nou 6 jaar van hulle vervreem. Tyd vir my het nog nooit so stadig verbygesleep soos nou nie; en as ek maar geweet het wat ek vandag weet, sou my planne toe baie anders gelyk het as nou.

  2. HesterLeyNel sê:

    Ja, en hoe ouer jy raak, hoe vinniger vlieg die dae verby. My Oudste word hierdie jaar 40. Ek het te veel van hierdie veertig jaar bestee aan onbenullighede. Sorg dat jy elke oomblik saam met jou gesin geniet.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s