Hierdie afgelope maand se skrifte oor blydskap het my so baie gestig. Ek is weereens keer op keer herinner aan God se blydskap wat ons van Hom af kry. Ek het hierdie maand self met 'n paar dinge geworstel en baie vrae gehad. Ek het steeds... Dalk sal dit nooit ophou nie, maar ek is … Lees meer Hy IS ons blydskap.
Maand: Julie 2018
Die vreugde van die regverdiges.
Hierdie skrif is eintlik 'n ouch. Die Afrikaanse skrif sê: Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie. Dubbele eina... In Christus is ons geregverdig, skoongewas van alle sonde en die vreugde van die Ewige lewe lê vir ons voor. Vir iemand wat nie in Christus is nie is dit … Lees meer Die vreugde van die regverdiges.
Die bome sal hande klap.
Sjoe hierdie is 'n mooi skrif! Dit laat my dink aan die klippe wat sal uitroep as ons sou stilbly. Hierdie kom uit 'n hoofstuk uit Jesaja waar die Here Sy kinders belowe dat Hy hulle uit Babel sal lei. Hulle sal in vrede gelei word. Hierdie belofte geld ook vir ons, selfs in vandag … Lees meer Die bome sal hande klap.
Ek is bly, want ek is veilig.
Hierdie skrifgedeelte kom uit 'n Psalm wat Dawid geskryf het. Elke gedeelte van die Psalm vereer God. Dawid skryf dat hy nie bang is nie, want God is altyd by hom. Netso kan ons ook altyd jubel en veilig voel. Ons is verseker dat die Here elke oomblik van elke dag by ons is. Hy … Lees meer Ek is bly, want ek is veilig.
God WIL vir jou gee.
As daar een ding is waarvan ek verseker is, is dit dat God ons wil gee wat ons hart begeer. Natuurlik weet Hy wat is die beste vir ons en sal Hy dit vir ons gee op die regte tyd. Altyd wanneer ek my hartsbegeertes aan die Here bekend maak sê ek ook altyd; "Wanneer … Lees meer God WIL vir jou gee.
Verbly jou in die Here.
Nehemia 8:11 sê dat die blydskap van die Here is ons krag. Ek glo dat dit die rede is waarom Paulus deur sulke ondraaglike tye kon gaan en steeds sy blydskap in die Here kon hê. Hy het die geheim van ware lewensgeluk verstaan. Hy het geweet dat wanneer ons swak is, kom God se … Lees meer Verbly jou in die Here.
My grootste blydskap.
Die dag wanneer ek sien hoe my kinders 'n lewende verhouding met die Here uitleef sal my lewe volmaak wees. Dit sal my grootste blydskap wees. Nou al reeds probeer ek na die beste van my vermoë die fondasie van geloof vir hul lê. Ons bid elke oggend voor hul skool toe gaan, elke aand … Lees meer My grootste blydskap.
‘n Waatlemoen en blydskap.
Ek het so paar maande terug oor die vrugte van die Gees gesels hier op my blok. blydskap is deel van die vrugte van die Gees, so hier is daardie blok weer. Enjoy! Wat het blydskap en 'n waatlemoen ingemeen? Lees hier! https://sonellblog.wordpress.com/2018/03/22/ek-kyk-na-die-vrugtebak/ Toodles!
Die wyse man.
Ons almal ken die storie van die wyse man. Die een wat sy huis op die rots gebou het. Ek is seker daarvan dat sy pa of ma of oupa of ouma ook voorheen hul huise op die rots gebou het. Diep fondasie gegrawe en die stene een vir een gelê. Of miskien was hul … Lees meer Die wyse man.
U getuienisse bring vir my vreugde.
Die Afrikaanse '33 vertaling sê: "Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart." Psalm 119:111. Nog 'n pragtige skrifgedeelte met 'n groot les. Ek vermoed hierdie getuienisse waarvan die Psalmdigter praat is al die getuienisse van kere wat die Here vir hom deurgekom het. Al die … Lees meer U getuienisse bring vir my vreugde.