U getuienisse bring vir my vreugde.

19

Die Afrikaanse ’33 vertaling sê: “Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.” Psalm 119:111.

Nog ‘n pragtige skrifgedeelte met ‘n groot les. Ek vermoed hierdie getuienisse waarvan die Psalmdigter praat is al die getuienisse van kere wat die Here vir hom deurgekom het. Al die kere wat die Here voorsien het. So bietjie voor hierdie skrifgedeelte sal jy sien dat die digter se vyande hom in die hande wou kry en dat hy rede gehad het tot kommer, maar die herinneringe aan die getuienisse wat die Here al vir hom gegee het, het vir hom vreugde gegee.

Die les hierin is. Wanneer ons bekommerd is en die vyand ons wil beetkry kan ons terugdink aan al die vorige kere wat die Here ‘n uitweg gebring het en verseker wees daarvan dat Hy weer sal. Jy is Sy kind, daarom sal Hy jou nooit vergeet nie. Al wat jy hoef te doen is om weer te dink aan al die vorige kere wat Hy vir jou deurgekom het. Jy sal weer besef dat Hy altyd op tyd is.

Toodles!

 

2 thoughts on “U getuienisse bring vir my vreugde.

  1. travel460 sê:

    Hierdie wat jy hier neerskryf, Sonell, hierdie is wat my ook deurdra. Die onthou van elke keer wat Hy ge-antwoord het, opgedaag het, my gehelp het om mandjies vol getuienisse te hê. My en Sy geskiedenis, dit voed my elke dag.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s