Die wyse man.

20

Ons almal ken die storie van die wyse man. Die een wat sy huis op die rots gebou het. Ek is seker daarvan dat sy pa of ma of oupa of ouma ook voorheen hul huise op die rots gebou het. Diep fondasie gegrawe en die stene een vir een gelê. Of miskien was hul huis uit die rotsberg uitgekerf en het hul daar binne gebly sodat die wind en weer hul nie skade kon aandoen nie.

Waarop bou jy, jou huis? Want waarop jy, jou huis bou gaan jou kind ook sy of haar huis bou. Hulle sal bou soos jy bou, so jy is die een wat sal moet seker maak die fondasie is reguit gelê. As die fondasie skeef is omdat jou woorde en jou aksies nie bymekaar uitkom nie, gaan die huis skeef gebou wees en dalk nie die aanslae van die wind of die weer oorleef nie. Wat as die wolf kom? Sal jou huis inmekaar sak of sal die mure so stewig wees dat die wolf ‘n ander ingang moet probeer vind? Is jul vuurtjie aan in die kaggel met die waarheid en sal dit ook keer dat de wolf nie kan inkom nie?

Onthou, ons kinders maak soos ons maak en as ons sien dat hul ook naby die Here wil leef mag ons maar trots wees daarin.

Toodles!

8 thoughts on “Die wyse man.

  1. travel460 sê:

    Sonell, eintlik is hierdie harde woorde, die harde werklikheid. Op my ouderdom sit mens dikwels met armsvol selfverwyt oor die foute wat jy gemaak het. Foute wat nou eers ñ impak op jou kinders se lewens het. Mag julle jong ouers hierdie skrywe van jou vir hulself omhoog hou sodat die waarheid daagliks kan insink.

  2. HesterLeyNel sê:

    Baie goed geskryf Sonell en dis ware woorde. Ek wens ek het so ‘n bietjie meer daaroor gedink in die dae toe my kinders nog klein was, maar soms is ‘n mens te besig met ander minder belangrike sake.

    • sonell sê:

      Dankie Hester. Dit is so. Ek dink die ouer generasies het ander dinge as belangrik beskou. Nie dat kinders grootmaak nie belangrik was nie. Dit was beslis. Maar die jonger generasies is baie meer ingesteld op die sielkundige en emosionele welstand van hul kinders. Dit kan goed wees, maar ook net tot op ‘n punt. Mens moet dit ook nou nie oordoen nie.

      • HesterLeyNel sê:

        Jy is so reg. Ek het al gedink iemand gaan my stenig as ek sê klein kindertjies oorheers deesdae die ouers, die gemeenskap, die geselskap en die lewenswyse in die algemeen. Dit kan nie gesond wees nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s