Uncategorized

My grootste blydskap.

22

Die dag wanneer ek sien hoe my kinders ‘n lewende verhouding met die Here uitleef sal my lewe volmaak wees. Dit sal my grootste blydskap wees.

Nou al reeds probeer ek na die beste van my vermoë die fondasie van geloof vir hul lê. Ons bid elke oggend voor hul skool toe gaan, elke aand voor hul gaan slaap. Ons leer ‘Jesus liedjies’ en sing dit dan uit volle bors. Ek kom soms af op hul waar hul by hulself gesels met die Here of selfs sing. Nou die middag kry ek my oudste terwyl hy een van die liedjies sing wat ons die oggend in die kerk gesing het.

Kinders maak soos ons maak. Ons woorde en dade moet bymekaar pas. Anders gaan hul deurmekaar wees en sukkel wanneer die lewe druk. Hoeveel beter wil jy aan jou kinders gee as om hul te leer terugdruk in geloof wanneer die lewe hul druk.

Dit gaan nie dadelik lyk of jou kinders enigiets leer nie, maar hou aan. Jy sal sien hoe jou harde werk en baie gebede die vrugte dra. Vertrou op die Here en Hy sal vir jou die nodige insig en wysheid gee om jou kinders in die weë van die Here groot te maak sodat hul ook ‘n lewende verhouding met die Here kan hê.

Toodles!

 

Advertisements

3 gedagtes oor “My grootste blydskap.”

  1. Dit is defnitief ń ouer se grootste blydskap. Om te kan weet jou kinders het ń persoonlike verhouding met God, is al wat op die ou einde saakmaak. Dis waarvoor ons hulle grootmaak, Sonell.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s