God WIL vir jou gee.

24

As daar een ding is waarvan ek verseker is, is dit dat God ons wil gee wat ons hart begeer. Natuurlik weet Hy wat is die beste vir ons en sal Hy dit vir ons gee op die regte tyd.

Altyd wanneer ek my hartsbegeertes aan die Here bekend maak sê ek ook altyd; “Wanneer ek gereed is daarvoor.” M.a.w. Berei my voor vir my hartsbegeerte sodat ek dit sal kan hanteer. Ek dink as ek ses jaar terug was in my sielkundige plek waar ek nou is, sou ek nou eers gevra het vir kinders… Dit was vir my tot nou ‘n baie groot uitdaging en is dit ook ‘n bewys dat soms gee die Here ons hartsbegeertes vir ons wanneer ons nog nie gereed is nie, sodat ons in die proses ook kan groei.

Wanneer ons die Here vra om vir ons te voorsien sal Hy dit doen. Net soos ek of jy vir ons kinders sal en wil gee, sal en wil die Here vir ons gee. Ons vra dit in Sy naam omdat ons erken dat Hy ons voorsiener is. God is die Een wat vir ons gee, Hy is ook die een wat neem. In alle tye moet ons Hom eer in alles.

Toodles!

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s