Die winde van verandering.

winds of change

1 Augustus 2018. Augustus is nie te vroeg of te laat aangekondig nie. Laasnag het die Augustus winde hier by ons begin waai. Ek is so bly, want nou sal ek vanmiddag ‘n belofte kan uitvoer wat ek al lank aan my seuntjie belowe het en dit is om ‘kites’ te maak van plastieksakke. Ek sien so baie daarna uit om hierdie herinnering saam hom te maak.

Soos julle weet het ek die afgelope tyd deur so bietjie van ‘n emosionele woestyn gegaan. Meer ‘n emosionele Winter. Ek is oortuig daarvan dat die fisiese seisoene my emosionele seisoene beïnvloed. Haha! Ek is ook oortuig daarvan dat dit nie net ek is wat so voel nie. Hierdie Winter was yskoud… Maar deur die genade van die Here het ons dit oorleef. Julie maand se blydskap skrifte en herinneringe aan God se liefde en vorige deurbrake in my lewe het my deurgedra.

Vanoggend onthou ek dat ek een kaartjie te min vir die kinders se skoolkonsert gekoop het. Benoud draf ek by die skoolkantoor in en vra asseblief vir nog ‘n kaartjie en raai wat! Daar is nog een enkel stoel in ons ry oop! Hoe ongelooflik is die Here vir my. Hy het geweet ek gaan een te min koop en Hy het gesorg dat daardie stoel oop bly. Net daar het ek die winde van verandering in my lewe begin voel waai. Vandag is ek weer vol hoop en het ek moed geskep. Die Here sien my. Hy hoor my en Hy sorg vir my.

Oor ‘n paar slapies vier ons vrouedag hier op Standerton. Al die gemeentes neem deel. God TV gaan ‘n opname doen en Chantal Whites van die Step up program gaan ook hier wees. Ons gaan met vroue uit Standerton gesels en hul gaan hul getuienisse deel. Ek is die Master of Ceremonies en is uit my vel uit opgewonde. Ek tree ook hierdie Saterdag; 4 Augustus, op by ‘n mamma tee en gaan gesels oor die seën van ouerskap wat as ‘n ontnugtering toegedraai is.

Die winde van verandering begin waai in my lewe. Dankie Here!

Toodles!

 

6 thoughts on “Die winde van verandering.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s