Vrouwees.

Vrouemaand

Ek is huidiglik besig om deur Spreuke te lees en die waarde aan die wysheid daarin sal nooit bepaal kan word nie. Mag die Here my ook so seën met sulke wysheid.

Ons vier hierdie maand vrouwees reg oor die wêreld. Vrouedag is ‘n paar dae weg en is ek sommer baie opgewonde oor die groot funksie wat kom. Môre is ek ook deel van ‘n vroulike funksie en kan ek nie wag om met die mammas te gesels oor ouerskap nie. Nie dat ek alles weet nie, maar net om te deel dat ons almal in dieselfde bootjie is.

Wat maak ‘n vrou uniek? Vroue is ingestel op die fynere detail. Ons kyk in hoekies en draaitjies en versorg al wat leef en beef om ons. Ons wil eerder iemand sien floreer as seerkry.

‘n Vrou wat die Here dien het natuurlik ‘n groter kans om my vriendin te word. Ons het soveel ingemeen en dit is altyd vir my kosbaar en spesiaal om oor die Here te kan gesels met vriendinne. Dit stig my en op hierdie stadium het ek net 6 vriendinne met wie ek gereeld oor die Here gesels. Hulle stig my altyd. Daar is soveel sterk vroue na wie ek opkyk en by wie ek leer. Ek glo dat jy twee tipes mense in jou lewe moet hê: Mense wat jou verder vat en mense wie jy kan verder vat. Die mense wat jou verder vat sal jou hoop gee vir die toekoms en die mense wie jy kan verder vat sal jou herinner waar jy vandaan kom en dat jy vir alles moet dankbaar wees.

Hoe ervaar jy die lewe as vrou? Hoe gaan jy hierdie maand vrouwees vier?

Toodles!

 

6 thoughts on “Vrouwees.

  1. Toortsie sê:

    Ek hou so van die idee van 2 soorte mense in jou lewe: Hulle wat jou help, en hulle vir wie jy help. Dis so algemeen deesdae dat mense sê hul net vriende wil hê wat hul opbeur of goed laat voel. Ek glo ons het ook die verantwoordelikheid om mense op te trek.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s