Alles ‘n gejaag na wind.

In Prediker 2:26 lees ons dat alles net ‘n gejaag na wind is. Die een met wie se lewe God tevrede is gee Hy wysheid & blydskap, maar die een met wie se lewe Hy nie tevrede is nie laat hy werk en bymekaar maak en dan gee Hy dit vir die een met wie se lewe Hy tevrede is.

Sjoe!

Ons jaag en jaag en werk en werskaf en wanneer ons sterf beteken dit niks. Ek is op ‘n stadium in my lewe wat ek myself afvra: “What does it matter?” Gaan hierdie ding of persoon of situasie oor 5jaar nog saak maak? Wat maak dit saak? Gaan dit my beter of bitter maak?

Ek het minder begin blog, want ek het meer tyd aan my kinders begin bestee. Hulle is net so klein rukkie klein en ek is spyt dat ek so baie wou werk toe hulle babas was, want ek het daardie tyd gemis… Daarom is dit vir my belangrik om nou elke dag net in die oggende besig te wees en in die middae tyd saam my kinders te spandeer.

Ek sê nie ek het dit nooit gedoen nie, ek het, maar nie so gereeld soos ek wou nie. Dit is nie altyd vir almal moontlik nie. Ek weet. Maar probeer om in die aande tyd uit te koop saam jou kinders. Haal asem en geniet hulle vir wie hulle nou is.

Die lewe gaan oor kwaliteit en nie kwantiteit. As jy jou tyd so kan beheer dat jy meer kwaliteit uit jou dag kan kry gaan jou ure rek. Jou kinders gaan nie die geld of materiëlistiese goed onthou wat jy vir hul gegee het nie. Hulle gaan die herinneringe van tyd saam spandeer onthou.

Toodles!

2 thoughts on “Alles ‘n gejaag na wind.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s