Postnet het hul sweet blue tyd gevat, maar my boeke het gekom!
Ek het nog altyd belang gestel in Banting, maar Toortsie se blogs het my gehaak. Hoe is dit moontlik om lekker te eet, maar nie te dooi van die honger nie.
Ek het vanaand met die lees van Toortsie se storie besef dat ek, nes baie ander, verslaaf is aan kos. Dalk is daar ‘n emosionele konneksie, dalk nie. Punt is, ek eet… Ek is mal oor eet. Ek kan dieet, maar sukkel om dit te volhou, veral in die Winter en ek is op ‘n plek waar ek moeg is vir honger ly. Ek wil nie soooo graag ‘n klein lyfie hê nie… 😅
Ek is trots op ander wat dit doen, maar ek sukkel… So toe maak ek vanaand die Banting maalvleisgereg. Room en botter en alles wat lekker is. My man was mal daaroor en het die baba murgpampoentjies ipv rys of pasta geniet. Ons sal beslis kan volhou hiermee.
Ek het nog altyd floreer op ‘n hoë proteïen dieet en hierdie hoë vet en proteïene kan my net goed doen.
Baie dankie Toortsie vir jou boeke. Dit gaan my baie help en dit is so interessant, want baie van jou eie uitdagings wat jy beleef het, beleef ek ook. Jy is finominaal!
Toodles!
Oh wow! Dankie! Jy maak my aand! 😁❤️
Jou kos het myne gemaak! ❤️😁
Ek het die bloginskrywing orals geshare. 😊
Jy is so gaaf. Dankie ❤️❤️
Ahhhh, dit is nou goeie nuus, Sonell. Ek weet sommer jy gaan ń wonderlike Banter wees.⚘⚘⚘
Dankie Una. Is jy ook op die Bantwagon? 😁
Nie meer nie, maar ek was op ń stadium, en dit het baie goed gewerk. Ek moes ingaan vir ń operasie, en daarna moes ek ń ander eet-manier aanleer. Maar Banting bly bo.
❤️
Dis ‘n lekker pluimpie vir Toortsie. Ek hoop banting werk goed vir jou Sonell. Dis darem maar lekker om vreugdes te deel op die blogs nè?
Dit is erg lekker Hester! Ek is so dankbaar om deel te wees van jul almal. ❤️
Dis lekker om jou hier te sien.
Ek hoop jy verloor sommer vinnig gewig met onse Toortsie se lekker resepte!
Dankie* Dit is behoorlik lekker en vullend.
Net ‘n plesier ❤️