Totdat jy oud en grys is.

img_4954-1

Vandag is Maandag en is ek soos elke ander Maandag propvol energie.

Hierdie skrif is vir my so spesiaal. Dit is ekstra spesiaal omdat ek dit in my eie ouma se lewe en soveel ander ouer mense in my lewe se lewens sien. Dit is duidelik dat die Here hul al deur baie dinge gedra het en bygestaan het en voorsien het. Dit gee vir my die versekering dat Hy dit vir my ook sal doen. Hy het nog altyd.

Ek sit die afgelope ruk met ‘n paar worstellings in my lewe soos waarom maak die Here net sommige mense dadelik gesond en dan is daar ander wat so noue verhouding met Hom het, al amper 24maande ernstig siek is, gebid is voor, gesmeek is vir genesing en niks gebeur nie. Hoekom? Ek verstaan dit nie. Ja die Here werk op misterieuse maniere, maar waarom? Ja Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie, maar waarom? Dalk mag ek nie eens hierdie vrae hê nie. Dalk moet ek maar net aanhou vashou en vertrou. Ek weet dat ek beslis ‘n afspraak het met ‘n lang lys vrae wanneer ons eendag by Hom uitkom. Ek sê dit met baie respek en die wete dat ek dalk nie mag vra nie, maar dalk mag ek vra?

Ek is net ‘n mens…

Anyhoo, genoeg morbiedigheid. Ek weet beslis verseker dat wanneer ons vashou aan die Here deur al hierdie verdrukking, versoekinge en vervolging, dat ons aan die ander kant sterker en meer geset in ons geloof sal uitkom. God sal nie iets ons padlangs stuur as Hy weet ons sal dit nie oorleef nie. Ons sal en ons kan, want ons is meer as oorwinnaars in Christus! Totdat ek oud en grys is weet ek die Here sal daar wees vir my. Weet ek dat as ek Hom aanroep in my benoudheid sal Hy ‘n deurbraak gee. Weet ek dat ek Hom kan vertrou in alles. Weet ek dat as ek my planne aan Hom oorgee, Hy my paaie gelyk sal maak.

Geniet julle week en be a blessing!

Toodles!

img_4867-1

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s