Twee bokke.

 

 

 

Ek het die vooreg gehad om onlangs met Willem Botha en Pieter Koen te gesels en onderhoude te voer met hul vir die blog. Hul albei is baie gefokus, uiters goed gemanierd en vreeslik snaaks. 😀 Met hul skitterblink glimlagte en vriendelike geselsies het hul my op my gemak laat voel. Amper asof ons al jare lank vrinne is. Hier is die vrae wat ek aan hul gestel het en hul antwoorde. Geniet dit!

Vertel ons so bietjie meer van jouself.

Willem: Ek is Willem Botha, ek het onlangs 31 geword en kom van ‘n kleindorpie met die naam van Riversdal in die Suid Kaap. Op ‘n plaas grootgeword met ‘n liefde vir perde. Ek was in ‘n landbou seunsskool, Oakdale; en het op die ouderdom van 19 deelgeneem aan die eerste Afrikaanse Idols. Nadat ek tweede gekom het, het ek Johannesburg toe getrek en dit is nou al twaalf jaar later. 

Pieter: Ek is ‘n man van min woorde. Ek is skaam en terugetrokke, gladnie mooi nie, maar baie maklik. 😀 

Wat wou jy geword het as kind?

Willem: Ek dink ek het altyd ‘n liefde gehad vir sang. Ek het nooit op ‘n dag opgestaan en gedink ek wil sing nie. Ek dink dit is iets waarmee jy gebore word, daardie liefde en passie binne jou, maar Riversdal is rêrig ‘n klein dorpie, so die idee om ‘n sanger te word en ‘n lewe daarvan te maak was nie rêrig daar nie. Dit was nooit ‘n moontlikheid eintlik nie. So ek wou altyd ‘n veearts geword het. Toe oor die jare het ek elke jaar aan die eistedfodd deelgeneem en hier en daar by ‘n troue opgetree, of as daar ‘n geleentheid in die dorp is en totdat die gogga my behoorlik gebyt het en ek besef het dit is wat ek eintlik wil doen het ek letterlik my drome na gejaag en van jongs af het ek baie hard begin werk.

Pieter: Ek dink ek wou nog altyd ‘n oogarts geword het. Ek dink dit is bloot ook maar omdat ek bril gedra het van kleins af en hulle sê mos jy word maar min of meer waarmee jy gestimuleer word. Maar uiteraard het ek groot geword in die vermaaklikheidsbedryf en alles wat daarmee saamgaan en indirek het ek maar geweet dit is wat ek wou doen. In my eerste jaar het ek al begin optree en het die mense maar geweet dat ek my hand sal opsteek en iets uit niks sal maak en dit is maar bepaald wat ek die afgelope 22jaar doen. 

Hou jy van jou naam?

Willem: Ja. Ek was al voorheen in ‘n onderhoud op televisie gevra: “Met ‘n naam soos Willem Botha, het jy nog nooity gedink om dit te verander nie? Dit is so algemene naam.” Maar nooit nie. Willem is ‘n familie naam aan weerskante van die familie so ek dink toe ek jonger was hoor mens altyd hierdie internasionale name en dan dink mens dit is so cool naam, maar nou dat ek ouer is, is daar vir my niks mooier as ‘n eg Afrikaanse naam. Bv. Minki se kinders, Katerien. Dit is vir my so mooi, so nee ek love my naam. Mense ken my ook nie net as Willem nie. Hulle ken my as Willem Botha, so klein kinders sal altyd na my toe kom en sê: “Willem Botha, Willem Botha.” So ek dink my naam en van het een geword. 

Pieter: Ek is baie trots op my naam. Ek onthou ook nog destyds hoe mense vir my gevra het: “Nou watse stage name gaan jy vir jou kry?” Toe sê ek nee Pieter Koen klink vir my lekker. En interessant. Die Koene. Ek het nou al baie raakgeloop oor die jare ensovoorts en almal dink ons is familie. So ek kry nogal time-and-again: Ons is familie. Ons kan dalk familie wees. Ek is die derde generasie Pieter Koen. My oupa, my pa en ek. 

Is jy ‘n morsige of netjiese persoon?

Willem: Ek is OCD skoon. Ek is verskriklik erg en ek het dit dalk van my ma af geerf. My klere word met ‘n opvou bord opgevou, my hemde word volgens kleur opgehang. Ek is pynlik, pynlik netjies. Ek is nogal verskriklik erg op besigheid en ek sien myself ook meer as ‘n besigheid as ‘n kunstenaar so daarso dink ek het ek al klaar bietjie van ‘n ander klap weg dat ek nie so scattered brain is nie. Ek is ‘n baie groot realis en meer ‘n besigheids man en net verskriklik, dit is reg of weg. 

Pieter: Ek is ‘n verskriklike netjiese mens. Ek dink nogal ek het seker ‘n mate van OCD. Alles moet reg wees. My vrou is nou weer die heeltemal teenoorgestelde. Ek dink ons beÏnvloed mekaar so bietjie. Ek word so bietjie van ‘n “losgat” en sy nou weer netjies.

Wat is jou guilty pleasure?

Willem: Ek is nou al vir ‘n maand lank op geen stysel en suiker, so my guilty pleasure is chocolates en chocolates en chocolates en dit raak verskriklik moeilik. Dit is amazing hoe mens verander wanneer mens ouer word, want ek het nooit gehou van groente nie, ek love nou groente en ek het nooit gehou van donker sjokolade, veral die orange flavour, veral die quality street een met die orange in. Die Lemoen geur donker sjokolade met ‘n lekker sterk koppie koffie. 

Pieter: Ek sukkel om by ‘n diet te stick, want daar is maar niks wat kom by die reuk van sout en asyn slap tjips nie. Dit en gewone chips. Ek kan nie van die goed af wegbly nie. 

Waarvoor spaar jy op hierdie stadium?

Willem: Ek het pas ‘n nuwe huis gekoop so op hierdie stadium spaar ek om ‘n brood te kan koop. (Hy lag hard en uit sy maag.) Ek het my eerste huis gekoop toe ek twintig was en ek het geen idee hoe ek dit reg gekry het nie. Nou toe ek als van voor af doen dink ek: Het ek deur al hierdie moeite gegaan toe ek my eerste huis gekoop het? Ek kan dit gladnie onthou nie. Mens het soveel meer verantwoordelikhede as jy huis koop en mens is soveel meer gefokus en jy besef soveel meer die waarde van geld. So op hierdie stadium spaar ek letterlik net dat ek ‘n brood kan hê. 😀

Pieter: Ons het oë toegeknyp vroër hierdie jaar en ‘n plek bespreek sodat ons die kinders nou vir ‘n slag op ‘n properse oorsee vakansie kan vat. Ek wil nie werk om eendag my geld na te laat vir die kinders om dit nie saam met my te geniet nie. ‘n Ou werk maar en ‘n ou maak seker dat ons dit soveel as moontlik saam kan geniet. Ons gaan na ‘n baie populêre Oosterse vakansie plek. Ons sien baie uit daarna, maar ons spaar pappa, ek moet spaar. 

Facebook of Instagram?

Willem: Instagram. 

Pieter: Ek is terrible met altwee. My kolegas dinges my altyd uit, maar ek was nog nooit in my lewe so op Facebook soos met die onlangse piekniek nie. So kom ons sê vir nou Instagram is soveel makliker. 

Beskryf jou beroep in een woord.

Willem: Passie. As jy nie passie het vir wat ons doen nie, as jy dit vir die verkeerde redes dit doen. As jy dit doen vir die fame. Daar is soveel lelik daarin as jy dit doen vir die verkeerde redes. Passie is al wat my dryf. Daar het ‘n tydperk gekom waar dit nie meer lekker was nie soos wat ek gewens het dit sal wees nie en veral die laaste twee jaar het ek weer opnuut ‘n liefde en absolute passie gekry vir wat ek doen. So elke keer as ek op die verhoog gaan praat ek met die Here en sê ek vir Hom dankie, vra ek vir Hom om asseblief net my stem te wees, help my met die huis. So, passie, passie, passie.

Pieter: Ek sou maar net dink ‘Amazing’. Want dit gaan vir my al die fasette dek. Die positiewe en die negatief. Die lekker en die minder lekker. Dit bly net amazing. 

Wat maak jou weird?

Willem: Ek hoor deesdae ek het ‘n baie weird sin vir humor. Dat ek verskriklik grapperig is, maar ook verskriklik ernstig. So die mense wat saam my op die pad is weet hoe ek 24/7 net jokes maak. Wat my weird maak is dat ek nou al vir twaalf jaar in Pretoria woon, maar nogsteeds in my hart rêrig glo dat ek ‘n plaas seun is, want ek gaan partykeer net met my PT broek en kaalvoet en ‘n atletiek hempie mall toe. (Ek komentaar dat dit hom ‘grounded’, nederig hou en dit is belangrik, veral in hul bedryf.) Daar is ‘n hele set in die show wat ek doen wat gaan oor dankbaarheid en nederigheid. Ek het al deur dips gegaan waar ek weet wanneer daar niks is nie, wanneer alles van jou af weggevat word, so nou wat dit nie so is nie waardeer ek dit net soveel meer. (Ek kommentaar dat dit waar is en wanneer mens kan dankbaar wees sal jy nooit ongelukkig wees nie.) 

Pieter: Ek kan my biscuit nog skud op 29. 😀 

Beskryf vir my jou geloofslewe in een woord.

Willem: Persoonlik. 

Pieter: Magies. 

Hierdie twee bokke skitter van energie en was dit vir my ‘n groot vooreg om met hul elkeen ‘n onderhoud te kon voer. Wie weet, dalk nooi hul my eendag vir ‘n onderhoud oor my boek. 😉 (Kom ons hou duimvas.) Haha!

Toodles!

IMG_4870

Vind my op Facebook: Sonell van Niekerk Motivation

Kry my op Instagram: svn_motivation

 

 

 

 

4 thoughts on “Twee bokke.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s