‘n Mammogram, konsert en finale eksamen.

Hoewel die titel van hierdie blog slegs die afgelope week gebeur het, behalwe die eksamen, het ek die afgelope drie weke gesukkel om my voete te vind.

Augustus het soos ‘n warrelwind baie vinnig verby gegaan, maar ek het hoop vir September.

So 6-8weke gelede het ek ‘n steek pyn in my linker bors opgelet. Verlede week het ek ‘n massa ontdek. Die dokter het my gestuur vir ‘n mammogram wat ek op ‘n lieflike plekkie; Cups & Blossoms, op Middelburg laat doen het. Nogal 3D. Na ‘n dag of wat se wag het die dokter my teruggebel met goeie nuus, maar ek gaan steeds Dv komende Woensdag vir ‘n sonar omdat ek ‘n paar vrae het… En ek voel dit is nodig.

My finale eksamen van drie jaar se studies sal ek Dv komende Maandag skryf. Dit gaan beslis ‘n groot verligting wees. Ek het hard geleer en sien uit na die groot gradeplegtigheid volgende jaar. Deur die drie jaar en doelwitte wat ek bereik het was dit NET die Here wat my gedra het daardeur en verdien NET Hy die lof en eer daarvoor.

Die afgelope week was ook ons twee kabouters se kleuterskool konsert. Ons pop se eerste skoolkonsert en ouboet se laaste kleuterskool konsert. Ons pop is ‘n gebore ster en was dit duidelik ‘n droom wat vir haar waar geword het. Met die ligte en verhoog was sy in haar element! Ouboet het dit netso baie geniet en was daar ‘n knop in my keel om te dink dat hy nou Gr.1 se kant toe staan.

Ek vertrou dat September vir jou nie net die aankondiging sal wees vir Lente as fisiese seisoen nie, maar ook Lente in jou hart.

Toodles!

11 thoughts on “‘n Mammogram, konsert en finale eksamen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s