Hierdie tyd van die dag.

Hierdie tyd van die dag is my gunsteling tyd van die dag. Maak nie saak die seisoen, dit bly my gunsteling.

As kind was hierdie gewoonlik die tyd wat my ma van die werk af huistoe gestap het en my rol as “middag mamma” vir my boetie verby was. Dan het ons kos gemaak ens. Later van tyd kon ons ry en ‘n roomys eet langs Blouberg se strand.

Hierdie is die tyd wat ek as hoërskool kind tafel gedek het sodat ons gesin van 6 en op ‘n stadium 7 om die tafel kon sit en eet. Geen pretensie, geen veroordeling, geen negatiewe gevoelens nie. (Dalk veromantiseer ((As daar so woord is)) ek die laasgenoemde.)

Hierdie is die tyd wat ek na werk in die Kaap se verkeer gesit het van Montague Gardens na Bellville 10jaar gelede. Kan jy glo dit is al 10jaar terug?

Hierdie is die tyd wanneer ek my babas begin bad en kos gee het sodat ons vroeg(erig) kon gaan slaap. Dan kon ek so rukkie met hul klein lyfies cuddle.

Hierdie tyd vandag word ek meegesleur met die herinneringe van wat was. Verlang ek so bietjie. Vanaand vat ek hierdie tyd vir myself. Nie omdat ek hartseer is omdat dit verby is nie, maar omdat ek dankbaar is. Ek is dankbaar, want hierdie tyd van die dag lewe ek REGTIG.

Toodles!

6 thoughts on “Hierdie tyd van die dag.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s