‘n Goeie snoei.

Ons het in Augustus ons vrugte bome gesnoei. Seker ook die eerste keer weer in baie jare. Die bome was ryg en vaal en hoewel ons baie vrugte gehad het verlede seisoen, was hul baie klein. So hierdie jaar was dit ons tuin man se taak om te snoei.

My moeks en ek het die Internet amper plat gelees oor hoe en wat om hierdie bome te snoei. My skoonpa het genoem dat jy die 4 hoof takke uitken en dan die boom soos ‘n kelk oop en rond snoei. Ek het die hoe en wat aan ons tuin man oorgedra en hy het gesnoei. Maklik 3 weke lank, want hy kom net 3x per week en dit vat ‘n hele dag per boom.

Vandag vang die bome my oog. Vars, groen en vol blare. Ons het nie soveel bloeisels gehad die jaar nie, natuurlik nou van die snoei, so ons gaan nie baie vrugte hê hierdie seisoen nie. Maar dit pla my ook nie, want volgende seisoen sal ons goed dra.

Net soos ons bome gesnoei moes word moet ons in ons lewens ook soms snoei werk ondergaan. Snoei is goed, al is dit seer. Dit maak plek vir varser beter dinge in ons lewens. Ek glo dat die Heilige Gees ons bewus maak van dinge in ons lewens wat ons lewens ryg en dor maak en dan wanneer ons dit afsnoei kan ons groot sappige vrug dra.

Snoei is seer, en nie lekker nie. Dit vat soms lank, ander kere is dit vinniger. Dit hang af wie jy aan jou laat snoei. Snoei maak plek vir groei. Dit is nooit ‘n slegte ding nie.

Johannes 15:2

Toodles!

2 thoughts on “‘n Goeie snoei.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s