Elke jaar op die 31 ste Oktober reg oor die wêreld word die dood gevier. Daar is gedrogte en geraamtes, spoke, demone, spinnekoppe, slange, vlermuise, kopbene en alles wat vrees wek om elke hoek en draai. My arme kinders geniet die tv programme so, maar die hele maand van Oktober op al wat 'n … Lees meer Ons vier nie die dood nie.
Maand: Oktober 2018
Moenie terugkyk nie.
Onthou jy wat het met Lot se vrou gebeur toe sy terug gekyk het? Sy het in 'n sout pilaar verander. Netso kan ons geestelik en emosioneel stagneer wanneer ons hunker na iets wat verby is. Ons almal kom op 'n plek waar ons besluit om aan te beweeg van dit wat nie bydra tot … Lees meer Moenie terugkyk nie.
Waar het jy blydskap ervaar hierdie week?
Nehemía 8:11 leer ons dat die blydskap van die Here ons beskutting is. Ons kan baie maklik gefokus raak op ander goed soos mense, emosies en omstandighede wat dan ons gevoel van geluk kan beïnvloed. Mense en wat hulle doen en sê kan ons ongelukkig laat voel. 'n Groot deel van elke maand is ons … Lees meer Waar het jy blydskap ervaar hierdie week?
Los alles en begin weer.
Ek kry soms dae wat ek voel niks wil uitwerk nie. Kry jy ook sulke dae? Dit is op sulke dae wat ek myself die heel hardste moet keer om nie onverantwoordelike besluite soos om 'n kantoor werk te gaan soek, te maak nie. 😀 Gewoonlik besef ek baie vinnig wat aan die gebeur is … Lees meer Los alles en begin weer.
Een stukkie raad.
As daar een ding is wat ek wens ek tien jaar terug was is dit minder bang. Tien jaar terug was ek een-en-twintig jaar oud. Bloed jonk met drome en sterre in die oë, maar net te bang. Te bang om die bul by die horings te pak en daardie drome waar te maak. Wat … Lees meer Een stukkie raad.
Wat sien jy?
Wat sien jy wanneer jy na ander mense kyk? Ek hou gedurig mense dop. Hul maniertjies. Hoe hul praat, liggaamstaal oordra en hul stemtoon. Ek het besef dat ek nie kan toelaat dat my emosies die manier waarop ek ander mense sien laat beinvloed nie. As ek sê ek is 'n dogter van die Koning … Lees meer Wat sien jy?
Die een ding wat my kinders moet weet.
As daar een ding in die lewe is wat ek graag vir my kinders sal wil leer is: God eerste. Alles of niks. Soek eers die Koningkryk van God en alles anders sal volg. Kies jy vakke? Plaas God eerste. Kies jy 'n beroep? Plaas God eerste. Kies jy 'n lewensmaat? Plaas God eerste. As … Lees meer Die een ding wat my kinders moet weet.
Water wat skoon was.
Jy weet. Ons vrouens is maar snaakse goed. Vra gedurig omverskoning vir alles en nog wat. Kry ons 'n kompliment oor 'n rok: "Ag die ou ding?" So asof ons verskoning maak omdat ons mooi lyk. En wanneer ons lag? Ag ekskuus, ek lag so hard. Maar wat van wanneer ons huil? Ag ek is … Lees meer Water wat skoon was.
Draaiballe van genade.
Met die opname van my eerste potgooi episode deel ek my storie. My getuienis. Soos ek daaroor praat en vertel gedurende die opname het ek 'n groot waarheid ontdek omtrent my lewe en my getuienis. Die lewe het in my 31 jaar al talle draaiballe na my kant toe gegooi en ek weet ek is … Lees meer Draaiballe van genade.
Haal jou drome in.
Wanneer jy 'n kind vra wat hy of sy eendag wil word kan jy jouself gereed maak vir groot drome en hoë doelwitte wat hul wil bereik. Die realiteit ongelukkig is dat hoe ouer ons word hoe vaer raak daardie drome en ideale. Terwyl jy ouer word en die kind in jou kleiner word kom … Lees meer Haal jou drome in.