‘n Vet dag.

Vandag voel ek vet. So dik soos ‘n bus. Ek dink ek hou water terug vir een of ander rede.

Vanoggend se Pilates klas was dankbaar nie te erg nie en kon ek gelukkig maklik die oefeninge doen.

Maar om vandag in my denim in te pas wil net nie werk nie. Daar is nie ‘n hemp in my kas wat my floppy maag beter laat lyk nie en ek sukkel selfs om my skoenveters vas te maak.

Jy weet né. Sulke dae is sommer aaklig, maar sulke dae hou ook my voete vierkantig plat op die aarde.

Dit is op sulke dae wat ek net weer herinner word daaraan dat ek net ‘n vrou is wat nie elke dag op my beste sal kan lyk nie. Dit keer dat my ego nie te groot op blaas oor my looks nie, want looks is nie alles nie.

Dit gaan oor wat in jou hart aangaan. As jou hart mooi is gaan mense nie jou jelly bene en maag raaksien nie. Hulle gaan jou omgee en waardering vir die lewe raaksien. Hulle gaan die liefde in jou hart deur jou oë sien en die aangename hitte van jou glimlag ervaar.

‘n Vet dag is net ‘n vet dag en dit hou jou voete plat op die grond.

Toodles!

P.s. Ek wens ek was so sexy soos hierdie vet vroutjie in die prentjie. 😂

7 thoughts on “‘n Vet dag.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s