Haal jou drome in.

18 Oktober

Wanneer jy ‘n kind vra wat hy of sy eendag wil word kan jy jouself gereed maak vir groot drome en hoë doelwitte wat hul wil bereik. Die realiteit ongelukkig is dat hoe ouer ons word hoe vaer raak daardie drome en ideale.

Terwyl jy ouer word en die kind in jou kleiner word kom jy baie mense op jou pad tee wat jou of gaan opbou of afbreek. Dit is wat jy toelaat wat hulle sê wat die verskil gaan maak en of jou drome gaan waar word of nie. Filippense 4:13 sê vir ons dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons die krag gee. Mense gaan jou nie help om jou drome te verwesenlik nie. Dit is net jy wat dit sal kan doen. Wanneer jy, jou vertroue in die Here plaas en fokus kan jy enigiets doen waarvan jy droom.

Jy is nooit te oud om jou drome in te haal nie. Mens het nie roem nodig om ‘n verskil in die lewens van mense te maak nie. Vandag op die ouderdom van 31 leef ek my droom as skrywer en motiveringspreker uit. Jy besit die vermoë om jou drome in te haal of jy nou agtien of tagtig is. Ons almal besit oor baie talente, maar kies een spesifieke ding wat jou passie is en fokus daarop. Jy sal nooit ‘n dag in jou lewe werk as jy dit doen waaroor jy passievol is nie. Besluit op een spesifieke ding en stel vir jouself realistiese, haalbare doelwitte. Soos jy, jou doelwitte bereik sal dit jou motiveer om verder aan te gaan en harder te werk aan die groot droom wat jy het. Dit maak nie saak wat dit is nie. Jy sal agterkom hoe meer jy, jou drome inhaal, hoe meer inspireer jy ander mense om ook hul eie drome in te haal en so maak ons die lewe een droom op ‘n slag beter.

Hou op bang wees vir dit wat kan skeef loof en omarm dit wat kan regloop. Dit is nie maklik nie en jy gaan soms wil opgee, maar die beloning na lang nagte en baie deursettingsvermoë is deur en deur die moeitewerd.

“Miracles start to happen when you give as much energy to your dreams as you do to your fears.”
Kushandwisdom

Toodles!

 

2 thoughts on “Haal jou drome in.

    • sonell sê:

      Jy is baie gaaf. Baie dankie. Ek kan nou maklik die eer vir myself neem, maar ek doen niks uit my eie nie. Is net die genade van die Here wat die woorde aan my gee om te skryf. Xxx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s