Draaiballe van genade.

19 Oktober

Met die opname van my eerste potgooi episode deel ek my storie. My getuienis. Soos ek daaroor praat en vertel gedurende die opname het ek ‘n groot waarheid ontdek omtrent my lewe en my getuienis.

Die lewe het in my 31 jaar al talle draaiballe na my kant toe gegooi en ek weet ek is nie die enigste wat sulke draaiballe gekry het nie. Ek weet daar is baie wat ook met dieselfde draaiballe gegooi is, maar hoe mens daarop reageer is wat die verskil maak.

Buiten vir die feit hoe jy reageer op die draaiballe van die lewe, kan jy ook kies of jy gaan toelaat dat hierdie draaiballe ‘n kneus plek op jou lewe laat of gaan jy jou geloof in die Here gebruik as ‘n ‘bat’ en die balle vir ‘n ses slaan. Deur dit te doen gee jy aan God eer omdat jy Hom eerste in jou lewe plaas en omdat jy erken dat dit net Hy is wat jou kan help staande bly deur alles.

Soveel keer het ek gevoel dat ek wil opgee. Net ‘n gewone alledaagse mens word en saam die stroom vloei, maar as ek daardie opsie sou kies sou ek nie beskikbaar wees vir die Here om deur my te werk nie. Netso het jy ook ‘n keuse. Gaan jy saam die stroom swem en inblend of gaan jy doen wat die Here op jou hart lê en voluit leef? Die keuse is joune.

En onthou. Alles wat jy is en die suksesse wat jy behaal is net genade.

Toodles!

 

2 thoughts on “Draaiballe van genade.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s