Jy weet. Ons vrouens is maar snaakse goed. Vra gedurig omverskoning vir alles en nog wat. Kry ons ‘n kompliment oor ‘n rok: “Ag die ou ding?” So asof ons verskoning maak omdat ons mooi lyk. En wanneer ons lag? Ag ekskuus, ek lag so hard. Maar wat van wanneer ons huil? Ag ek is so jammer om nou so te huil. Skies ek huil. Sorry for tearing up.
Gattatjie tog! Alewige verskonings.
Het jy al jou trane geproe? Dit proe bietjie souterig. Wat doen sout?
Sout maak skoon. Sout maak gesond. Sout vat slegte reuke weg. Sout gee geur.
Wanneer ons vroue huil is daar een van twee redes daarvoor. Ons is of hartseer of ons is bly.
Wanneer ons huil wanneer ons hartseer is moet ons nie verskoning maak nie. Huil! Huil baie! Huil hard. Huil sag. Huil jou kussing papnat en jou tissue boks heeltemal leeg. Daardie huil gaan jou gesond maak. Daardie huil gaan die wond wat oop is laat toe groei. Die gemis van ‘n geliefde verlig. Jou trane gaan ‘n spoor op jou wange los. ‘n Spoor van hoop, want dit is wat trane doen. Dit los ‘n spoor van hoop sodat ander kan sien daar is genesing na die seer.
Ons huil wanneer ons bly is ook. Trane van blydskap. Vreugde dat die seer en hardewerk vir ‘n rukkie verby is. Trane wat die modder van die hardewerk afwas en die mooi daarvan blootstel. Hierdie trane sal ook ‘n spoor op jou wange los, maar nie net ‘n spoor nie, ‘n gloed op jou wange ook. Spore van dankbaarheid en vernuwing.
So as jy lus het om te huil, huil. Doen dit hard en uitbundig. As jy iemand sien huil, troos. Dra tissues, tee, en snoesige komberse aan. Voor jy weet sal jy die gloed van trane van dankbaarheid sien en jy ook dan ‘n traan van dankbaarheid as antwoord stort.
Toodles!
Ek stem saam. 😁
😁
Goeie raad wat jy hier gee, Sonell. Dis so nodig om te kan huil.
Dankie Una. ‘n Goeie huil sessie laat my altyd heelwat ligter voel.
Is waar, maar ons geslag is mos geleer om nie te “grens” nie. Ons moes die supervrouens wees. Nou val ons uitmekaar.
Dit is ook waar. Mens moenie huil oor nonsens goed nie. Net as dit regtig saakmaak.
Huil maak die hart skoon
So waar*
‘n Baie mooi boek wat ek besig is om te publiseer is ‘The Blue Between’ deur ‘n skrywer van Kaapstad, Annemarie Luck, wat nou in Tokyo werk. In die romantiese storie is die mooiste ding op aarde vir die ‘held’ ‘n vrou se gelag. Dit ‘maak hom vol’.
Dit klink pragtig 🙂