Wat sien jy?

24 Oktober

Wat sien jy wanneer jy na ander mense kyk? Ek hou gedurig mense dop. Hul maniertjies. Hoe hul praat, liggaamstaal oordra en hul stemtoon.

Ek het besef dat ek nie kan toelaat dat my emosies die manier waarop ek ander mense sien laat beinvloed nie. As ek sê ek is ‘n dogter van die Koning beteken dit dat ek soos Hy lyk en moet ek na ander mense kyk op die manier waarop Hy na hulle kyk.

Met liefde.

Dit is nie elke dag maklik nie. Veral nie wanneer mense jou seermaak nie. Bewustelik of onbewustelik. Dit is dan in sulke tye wat jy die Here moet vra om jou te help sodat jy hulle deur Sy oë sal sien. Ek sukkel self nog met hierdie een, maar daar is steeds hoop.

Bid sonder ophou. Vra sonder ophou. Kyk weg as jy moet, maar wanneer jy kyk, kyk met liefde.

Toodles!

 

2 thoughts on “Wat sien jy?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s