As daar een ding is wat ek wens ek tien jaar terug was is dit minder bang. Tien jaar terug was ek een-en-twintig jaar oud. Bloed jonk met drome en sterre in die oë, maar net te bang. Te bang om die bul by die horings te pak en daardie drome waar te maak.
Wat is die ergste wat kan gebeur? As jy die kans gehad het om enigiets te kan doen, wat sou dit wees?
So as daar een stukkie raad is wat ek graag vandag vir jou wil gee is dit: Hou op om so bang te wees. Jy het klaar ‘n ‘nee’. Wat gaan jy daaromtrent doen? Gaan jy, jou nee glo en opgee op al jou doelwitte en drome of gaan jy daardie ‘nee’ verkeerd bewys en alles waar maak.
Hou op bang wees en vat die kans. Wat het jy om te verloor?
Toodles!
Waar né.