Waar het jy blydskap ervaar hierdie week?

29 Oktober

Nehemía 8:11 leer ons dat die blydskap van die Here ons beskutting is.

Ons kan baie maklik gefokus raak op ander goed soos mense, emosies en omstandighede wat dan ons gevoel van geluk kan beïnvloed. Mense en wat hulle doen en sê kan ons ongelukkig laat voel. ‘n Groot deel van elke maand is ons vroue se hormone behoorlik op hol en deurmekaar en kan ons emosies met ons wip plank ry en voel ons ongelukkig a.g.v. dit. Omstandighede wat donker voel en lyk kan ons ook deurmekaar en ongelukkig laat voel. Maar hoewel al hierdie dinge ons gevoel van geluk kan laat op en af ry kan dit nie ons blydskap steel nie.

Geluk is ‘n emosie. Blydskap is ‘n daaglikse ervaring van God af.

Ons blydskap wat ons in die Here vind hou ons staande. Dit is daardie stem binne jou wat jou aanmoedig om deur te druk. Dit aktiveer jou deursettingsvermoë. Daardie gedagte wat jy kry in die middel van die storm dat alles sal uitwerk.

Alles werk ten goede mee. Romeine 8:28. Die Here het jou lief. Deur die Heilige Gees is jy direk aan Hom gekoppel. Daarom kan jy altyd weet dat mense, emosies en omstandighede sal jou gevoel van geluk beïnvloed, maar NIEMAND kan jou blydskap steel nie, want jou blydskap kom direk van God af.

Toodles!

Kontak my vir enige besprekings by jou vroue funksie, skool of kerk.

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s