Moenie terugkyk nie.

30 Oktober

Onthou jy wat het met Lot se vrou gebeur toe sy terug gekyk het? Sy het in ‘n sout pilaar verander. Netso kan ons geestelik en emosioneel stagneer wanneer ons hunker na iets wat verby is.

Ons almal kom op ‘n plek waar ons besluit om aan te beweeg van dit wat nie bydra tot ons lewens nie. Ek moes onlangs op so plek kom.

Ek gaan nou nie hier derms ryg nie, maar vir meeste van my lewe was daar leemtes of gate; as ek dit so kan noem, op plekke waar dit eintlik met verhouding en liefde gevul moes gewees het. Mens verwag dat ander mense vir jou dieselfde gaan doen as wat jy bereid is om vir hulle te doen of alreeds vir hulle doen of gedoen het en dan gebeur dit nie. Jy word gebombardeer met vrae. Hoekoms en waaroms. Jy verstaan nie waarom mense so is nie, maar elkeen het ‘n rede vir waarom hulle sekere goed doen en op sekere maniere en dit is nie jou storie om te verstaan nie, ook nie jou werk om hulle uit te wys op die maniere waarmee jy nie saamstem nie.

Just let it be.

My situasie was en is steeds uiters pynlik, maar ek weet dat die besluit vir my eie gesondheid is en dit tyd is om aan te beweeg. My verandering is in die lig van om dit waarna ek ‘n behoefte aan het eerder opsy te skuif en die areas waar ek verhouding en liefde kan kry te omarm. Nie almal besit die kapasiteit om dieselfde hoeveelheid liefde te kan gee as ek nie, daarom sal ek dit kry by mense wie ek weet dieselfde kapasiteit as ek het om te gee en graag wil ontvang ook.

Soms moet ons almal op ‘n plek kom waar ons besluit dat ons net soveel kan gee in ruil vir baie min of niks en is die regte en gesonde besluit dan, gesonde grense. Grense bepaal vir ander hoeveel jy bereid is om gratis te gee. Grense bepaal vir ander hoe en waar om jou te respekteer. As hulle kwaad is omdat jy grense stel moet jy ook weet dat die probleem by hulle is en nie by jou nie.

Almal stel grense. As dit gesonde grense is sal dit niemand skade aandoen nie. Ek het weereens hieruit geleer dat mense sal teleur stel, maar God sal nooit nie en as ek die dag leeg getap voel omdat ek gee en gee en gee, kan ek ALTYD weer na Hom terug gaan en rus en liefde by Hom vind.

Matt. 11:28-30 leer ons dat wanneer ons vermoeid en belas voel kan ons na die Here toe gaan en Hy sal vir ons rus gee. Hy het alles wat ons ooit sal nodig hê om deur die lewe te gaan. Al die liefde. Al die finansies. Al die deurbrake. Alles en nog meer kan ons by Hom kry. Daar is net een belangrike reel. Ons moet Hom die Eer gee daarvoor. Ook nie eens moeilik om na te kom nie. 🙂

Moenie soek dit wat van jou gesteel is nie. Die Here sal dit vir jou terug gee op die regte tyd, op die regte plek. Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak.

Toodles!

Bespreek my gerus vir jou vroue funksie, skool of kerk.

 

6 thoughts on “Moenie terugkyk nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s