‘n Regte egte kuier.

Foto verkry van Toortsie.

Die Towerinne is op ‘n virtuele toer oor die land. Net waar hulle gaan is kattekwaad en kaskenades. Alles lagwekkend, so as jy die toer wil lees van begin tot nou kan jy dit HIER kry.

So vandag sit ek langs die viswaters en probeer soveel moontlik ontspan soos wat mens maar kan met ‘n 3 en half jarige besige bytjie om ons… Ek lees van die Towerinne se avonture en kattekwaad en skielik tref dit my…

Ons het mekaar nou al so hier in bloggerland leer ken en eintlik baie deel geword van mekaar se lewens. Ons kommunikeer selfs soms in die werklike lewe ook, maar hierdie virtuele toer en ons virtuele bankroof op die toor plaas het my lus gemaak om almal in persoon te ontmoet.

Wat sê julle almal? Dalk kan ons dit ons doelwit vir 2019 maak. Aangesien Hester die breinkrag is agter die inlinks en lê jou eier uitdagings, nomineer ek haar om ons saam kuier in die werklike lewe se venue te reel. Ek stel voor ‘n naweek sodat ons genoeg tyd het om by die bestemming uit te kom en saam te kuier ook.

Dit sal vir my wonderlik wees om almal vir wie dit moontlik is te kan ontmoet.

Wat dink julle?

Toodles!

20 thoughts on “‘n Regte egte kuier.

  1. HesterLeyNel sê:

    Uhm, ja, ek is dalk nie die beste nominasie vir hierdie reëlings nie. Eerstens omdat ek ruiterlik erken dat ek langdurige persoonlike kontak (d.w.s. langer as ‘n halfuur) en veral sulke samekomste gewoonlik met alle mag probeer vermy. Dink matriek-reünie. Laasgenoemde is iets waartoe ek my verbind het vir 2019 en ek ly klaar aan die wilde-weghol-sindroom.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s