Jou tru-spieëltjie.

Ons almal het al gehoor mense sê jy moenie in jou tru-spieëltjie kyk terwyl jy deur die lewe gaan nie. Die rede hiervoor is dat dit jou fokus van jou bestemming gaan afhaal en dat jy heel moontlik ‘n ongeluk dan gaan maak.

Wat het met Lot se vrou gebeur toe sy teruggekyk het met Sodom & Gomorra se verwoesting? Sy het nie net in ‘n soutpilaar verander nie, maar sy is ontneem van ‘n vreugdevolle, vrede gevulde toekoms. Dit is presies wat met ons gebeur wanneer ons terug verlang.

Ons stagneer. Ons vergeet van ons eindbestemming en ontneem ons self dan ook van ‘n oorvloedige toekoms. Jy kan slegs gesond word van jou verlede as jy dit agter jou sit en vorentoe beweeg. Paulus het ook sy verlede agter hom gesit en hom vooruit gestrek om die prys wat Jesus Christus is te ontvang.

Moenie terugkyk nie. Beweeg vorentoe en word gesond.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s