Tyd vir nuwe hoogtes.

Die linker foto was my seuntjie se heel eerste skool dag. Die regter foto sy gradeplegtigheid.

Hoe vinnig het die tyd verby gegaan. Soos die sand deur ‘n uurglas. Vinnig verby gegly. Hier is my droom vir hom vir sy laerskool loopbaan.

Mag jy altyd met groot bewondering na jou onderwysers kyk.

Mag jy ‘n honger vir nuwe dinge leer ontwikkel.

Mag jou passie vir die lewe op die sportveld sigbaar wees.

Werk elke dag hard. Jou beste is goed genoeg vir my.

Doen alles tot eer van die Here.

Behandel ander soos jy graag behandel wil word.

Moenie nonsens duld nie en staan op vir jouself, maar moenie op ander trap om bo uit te kom nie.

‘n Leier is net so goed soos die een wat hy lei om verder as hy te gaan.

Droom groot met jou kop in die wolke, maar hou jou voete op die grond.

Mamma en pappa weet nie alles nie, maar ons vat hande saam jou onderwysers sodat ons jou kan help om jou drome te bereik.

Wees altyd vriendelik, al voel jy nie so.

Onthou jou vrugte van die Gees en jou gebooie. 😉

Jesus is jou Rots en jou krag. Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee.

Ons sien uit om hierdie nuwe avontuur saam jou aan te pak. Ons is baie trots op jou en weet jy gaan hierdie avontuur baie geniet! En onthou, ons kan jou net sover help as wat jy ons vra.

Liefde

Pappa en mamma.

5 thoughts on “Tyd vir nuwe hoogtes.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s