Ek kan nie onthou dat ons enige tipe tradisies in ons huis gehad het as kind nie. Buiten die elke Sondag oggend en aand kerk toe gaan was daar nie enige tradisies soos met verjaardae of Kersfees nie.
Sover in ons huis is die tradisie om op iemand se verjaardag vroeg op te staan en persente te gee. Kersfees versier ons saam die boom. Paasfees soek die kleinkinders by ouma se huis na lekkernye. Kersoggend staan ons vroeg op, kyk met groot oë na die melk en koekies wat opgeëet en drink is, kersvader se “sneeuspore” en maak persente oop.
Maar hierdie jaar maak ons ‘n hele nuwe tradisie.
I.p.v ‘n kersboom het ons ‘n krippie en ‘n baba. Hierdie jaar het ons besluit om ‘n tradisie van Jesus se geboorte te begin.
Nee, ek soek nie die duiwel in Kersfees nie. Al die bome en versierings en joligheid is pragtig. Ons het net besluit om van hierdie jaar af ons kinders te leer van die wAre boodskap en hoe wonderlik is dit nie!
Want so lief het God die wêreld gehad…
Toodles!
Wat n mooi tradisie…dit vat ons terug na waar als begin het….waaroor dit eintlik gaan.
Dankie* Presies soos jy daar sê xx
Ek is met jou Sonell. Jy begin ń wonderlike tradisie.
Dankie Una 🤗