Saterdag oggend tradisies.

As pappa nie visvang nie spring ons almal saam in die bed op ‘n Saterdag en word stadig wakker. Hierdie is herinneringe wat ek graag wil hê ons kinders moet onthou wanneer hulle groot is en hul eie kinders het.

Kwaliteit tyd is van kardinale belang vir my wanneer dit by my gesin kom. Daarom sal ek my arms stompies baklei om ons heel te hou. Daar is so baie dinge in vandag se lewe wat kan veroorsaak dat ‘n gesin uitmekaar skeur en ons het ondervindinge van daardie aanslae, maar ek sal alles in my vermoë doen om dit teë te staan.

So vanoggend het ons weer in die bed gelê en lag en gesels. Hier is ons memories. 😁

Goeiemôre!

Hierdie ou was BAIE ongelukkig omdat ek eers saam sussie ‘n foto geneem het voordat ek saam hom ‘n foto geneem het. Na ‘n groot geveg het hy uiteindelik ingestem vir ‘n foto en gesmaail. 🤦🏼‍♀️😅

En sussie. Sy is 90% van die tyd vriendelik en net tevrede. Behalwe as ek nee sê omdat sy nognie haar nuwe kersfoto rokkie mag aantrek nie. 🤦🏼‍♀️

Toodles!

7 thoughts on “Saterdag oggend tradisies.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s