So rukkie terug was ek by ‘n begrafnis. Eerder ‘n rou diens. Daar was nie baie mense nie. Seker net 7 volwassenes en seker 12 (max) kinders. Dalk was daar meer. Nietemin. Dit was ‘n baie klein diens.
Hierdie het my laat dink.
Hoeveel mense sal by my begrafnis wees? Sal dit mense wees wat my werklik sal mis? Sal dit mense wees wie se lewe ek beinvloed het? Sal dit mense wees wat voel hulle MOET daar wees sodat ander sal sien hulle was darem by my begrafnis al was hul nie deel van my lewe nie? Of sal dit mense wees wat bly is dat ek uiteindelik die emmer geskop het, want kom ons wees eerlik, ek gee nie maklik op nie?
Dit sal waarskynlik ‘n gemengde paar wees van die bogenoemde en dit maak nie saak hoeveel daar sal wees nie.
Die boodskap wat ek van hierdie hartseer begrafnis gekry het. Of eerder die les wat ek leer is dat dit wat jy vandag doen. Dit wat jy in die mense om jou belê, goed of sleg. Jou begrafnis sal daarvan getuig. Daarom is dit vir my so belangrik dat ons twee maal dink voordat ons iets doen of sê. Dit wat jy vandag doen en die bydrae wat jy in die mense se lewens om jou voeg, dit moet ewigheidswaarde dra. Hulle moet geinspireer voel om Christus se voorbeeld te volg omdat jy het. Hulle moet die goeie herinneringe saam jou onthou. Die wysheid wat jy nie net gespreek het nie, maar ook geleef het. Die liefde wat jy sonder perke uitgedeel het.
Wat sal mense van jou onthou? Wat sal mense van my onthou?
Toodles!
Ouderdom speel ook ‘n groot rol in die opkoms by ‘n begrafnis. Met my pappie se begrafnis was die kerk stampvol, want hy het maar pas die vorige jaar afgetree. 23 jaar later het ons my mammie begrawe, net so geliefd soos my pa, maar haar tydgenote was nie meer daar om haar lewe te kom vier nie.
Dit so waar en verseker ‘n werklikheid.
Sonell, soos ek al voorheen vir jou gesê het, ek is so so trots daarop om jou te ken. Jy is ñ jong vrou met insig en durf, en jou liefde vir ons Vader is in al jou woorde te sien.xxx
Dankie Una. Jy is ook vir my kosbaar en dankie vir jou mooi woorde. Vader is my álles. ❤️
Shô my ❤️.
My hart breek wanneer ander se lewens in stukke lê en die warm vogtigheid kronkelend ‘n streep teen ‘n wang tot binne in ‘n kraag sy merk laat, terwyl daar hard op tande gebyt word om emosies onder beheer te bring.
Die uitmekaar geskeurde hart van… ek wou nog; ek móés nog; as ek nog eenmaal in jou oë kon kyk en jou verseker dat ek jou liefhet…
Doen dit liefs vandag. Geeneen van ons is ‘n môre gewaarborg nie.
Dit is so waar my ❤️moeder. Elke dag is geleen en daarom moet ons elke dag voluit leef.
Hoe ouer mens word hoe minder maak dit saak wat mense in lewe en dood van jou sê. Geen mens kan ook die waarheid in ander se koppe waarborg nie.
Dis waar Tina.
Baie groot lewenswaarheid Sonell.
My hartseerste begrafnis was ‘n neef wat om redes wat niemand weet nie, op 50 selfmoordgepleeg het. Sy weduwee, wat deur sy leeftyd verskriklik jaloers op hom was, het die onpersoonlikste, koudste, vinnigste diens ooit gereel. Daar was soveel mense en almal het rondgestaan en gewonder hoe so ‘n besonderse, liefdevolle, lewendige, suksesvolle man op so ‘n manier gegroet kon word.
Dit is vreeslik hartseer. Jammer vir jul verlies.