Desember projekte.

Hierdie Desember vakansie wil ek graag so twee van my eie projekte aanpak. Ek is tans besig om ons huis se tema te verander so stuk stuk en vir ons leef kamer het ek twee projekte wat ek graag wil aanpak.

Hierdie skat van ‘n lamp het ek onlangs tweedehands aangekoop. Dit moet heeltemal oor bedraad word. Die koper moet skoon gemaak word en die roes moet bejamp word. Ek sien uit na dit, want dit is ‘n prag stuk van ‘n lamp en gaan perfek lyk by die antieke stoel by dit in die hoek.

Hierdie boekrak het ek ook tweede hands aangekoop. Dit moet afgeskuur word en donker groen geverf word. Die boeke gaan minder word, want die baba boeke kan nou uitgehaal word. Dan word dit teen die muur by die antieke stoel en staanlamp neergesit met boeke en ‘n potjie of twee vir mooigeit bo-op.

My kombuis het ook ‘n paar veranderinge wat ek wil aanbring en die res van die huis ook, maar een ding op ‘n slag. Ek is baie opgewonde oor hierdie veranderinge, want ek dink ek het uiteindelik my smaak ontdek. Mid-century. Gaan Google of Pinterest dit gerus. Dit kan nogal eksentriek raak. 😅

Watse projekte het jy, wat jy graag doen?

Toodles!

3 thoughts on “Desember projekte.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s