‘n Gelofte.

Vandag 180 jaar gelede is die vyand in ons volk se hand oorgegee deur dieselfde God wat die rooi see vir die Israeliete geskei het. Vandag 180 jaar gelede het Sarel Cilliers en 470 boere ‘n gelofte aan God gemaak dat sou hulle die oorwinning kry teen die Zoeloes hulle altyd hierdie dag, 16 Desember, sal herdenk in gedagtenis van die oorwinning wat aan hul gegee is. Vandag 180 jaar gelede is ons volk se voorgangers van ons land as meer as oorwinnaars verklaar.

Vandag 180 jaar terug wou die koning van die duister die God van die heelal se plan vir ons land doodmaak, maar die God van die heelal het ons voorgangers se gebede verhoor en is ons vandag steeds in ons geliefde land Suid Afrika woonagtig.

Vandag 180 jaar later dreig die koning van die duister weer met dieselfde maniere om ons volk uit te wis, maar ons sal nie vergeet nie. Ons sal nie 16 Desember 1838 vergeet nie. Ons sal altyd onthou wat ons God vir die 470 boere teen duisende Zoeloes gedoen het en Hy sal dit vir ons ook doen as ons aanhou om Hom getrou te eer in alles en die gelofte behou.

Soos die Israeliete hulle kinders vir generasies tot nou herinner aan wat God vir hulle gedoen het. So sal ons ook ons kinders vir generasies in die toekoms in steeds herinner aan dit wat God vir ons voorgangers en vir ons gedoen het leer.

Vandag vier ons fees, want ons God leef steeds en het Sy oog op ons geliefde Suid Afrika.

Terwyl ek dink aan dit wat ons God vir ons volk gedoen het 180 jaar terug kyk ek by die venster uit en sien die reënboog en sonsondergang na die skamele druppels reën en daar word in my gees bevestig dat die God wat die rooi see geskei het, water uit ‘n klip in die woestyn laat kom het, 5000 man met 5 brode en twee vissies gevoer het, die 470 boere gered het van uitwissing, vandag ook dieselfde sal doen vir ons volk.

Ons vir jou Suid Afrika.

One thought on “‘n Gelofte.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s