Dag 14

Dit is vandag dag 14 van die vakansie. My kinders se vakansie… Die skool en vakansie sorg het eers die 12de (dink ek) Desember gesluit… Maar ek. Ek het mos nie vakansie nie. Ma’s werk net harder. Die vakansie kom eers wanneer die kinders terug gaan skool toe.

Ek was volstoom optimisties vir die skool vakansie. Dis mos Desember! Dis mos Somer! Is niks nie, is festive!

Hulle is mos nou groter… Dit sal mos nou makliker wees… Ag aarde hoe wens ek, ek het langer by my suster op Newcastle gekuier. Daar is baie om te doen saam die kinders. Hier is ons ongeveer 50km ver van enige entertainment…

Tot dusver het die kuns aktiwiteite gehelp en die animasie fliek kanaal, maar lyk my dit het ook nou net ‘n klein rukkie gehou.

Daar is nog presies 19 dae oor voordat die skool weer begin…

Ons het nou al koekies gebak, kuns gemaak, geswem, baie geëet soos my ronde wange getuig, flieks gekyk, rondgery, skool goed oorgetrek en als gemerk en vandag skool skoene gekoop. Dit is nog nie eens Kersfees nie en ek dreig al tot vervelens toe. Selfs die snacks wat ek mooi uitgetel het om die hele vakansie te hou is amper klaar. Ek het OF te min gekoop en verkeerd getel OF hulle gaan deur ‘n groei fase.

Laasgenoemde is dalk meer moontlik. Eersgenoemde ook, want ons almal weet my wiskunde is nie heeltemal on parr nie. Heng ek hoop ek het nou die on parr reg gebruik. As ek nie het nie…

Is niks. Is festive!

Nou ja toe. Hier is ‘n paar foto’s van ons pakansie sover. Ons wou gaan kamp, maar die klub is propvol. 🤦🏼‍♀️🤦🏼‍♀️

So far, so good. Al voel dit vandag of alles mal is. Dit is heel moontlik, maar dit is ook ok.

Toodles!

4 thoughts on “Dag 14

  1. HesterLeyNel sê:

    Hulle is skatlik. Ek bewonder vandag se jong mammas wat kinders grootmaak. In myne se kinderdae kon ek hulle nog die veld injaag op hulle fietse, hulle parkie toe stuur om te gaan speel en soms het ek hulle by die swembad afgelaai. My kinders het grootgeword in Kaapstad se noordelike voorstede en later in Bloemfontein. Maar toe was die lewe anders. My kleindogter in Kaapstad word nou heeldag dopgehou, veilig gehou agter hoë heinings en speel met ander kinders net gedurende “play dates”. Mamma en pappa kry net rus wanneer die ander grootouers haar besig hou vir ‘n paar uur.

    • sonell sê:

      Dankie Hester. Ja, ek wens vir daai tyd. Vandag is dinge so gevaarlik jy kan nie eens jou kind by hul maats laat oorslaap nie. Hierdie besig houery maak mens moeg, maar tenminste weet ons hul is veilig. Dalk was dit in jou kindergrootmaak dae ook gevaarlik, maar mens het net nie daarvan gehoor nie. Vandag met sosiale media is ons bewus van elke ding. Ek dink dit maak ons bietjie oorbeskermend ook.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s