Hierop is ek trots.

Hier is twee foto’s van my. Die eerste een is in 2015 geneem net voor ons dogtertjie se geboorte. Die tweede foto ken jul. Dit is meer onlangs geneem. Op die oog af lyk dit baie dieselfde. Maar kyk ‘n bietjie dieper. Kyk na my oë. Kyk in my oë in. Sien jy dit?

In die eerste foto kan jy die donker sien. Jy kan die seer agter die glimlag sien as jy mooi kyk. En die tweede foto? Die tweede foto is wie ek geword het.

Aan die einde van 2016 het my journey na ‘n gelukkiger ek begin. Ek was in die donkerste plek wat ek kon dink, maar ek was ook moeg. Moeg vir die donker kamer. Moeg om myself jammer te kry. Moeg om mense toe te laat om oor my te loop. Moeg vir moeg wees.

Net so tussen in, ek was ‘n ma van ‘n paar maande oue babatjie, so ek was ook fisies moeg. 😜

Nou ja, ek het hard begin werk. Ek het die Woord bestudeer. Ek het die Here gevra om my te wys waar ek kan verander, want my geluk hang van niemand anders af nie. Ek het Hom gevra om my gesond te maak en hier is ek vandag. 2 jaar later en voluit gelukkig!

Natuurlik kom al die eer en die dank die Here toe, want dit is Hy wat die werk in my begin het en Hy sal dit voleindig.

Elke dag is steeds ‘n leerskool en elke dag word ek weer bewus van plekkies waar ek kan verander. Maar ek voel trots. Trots in ‘n goeie manier. Ek dink aan ‘n paar jaar terug waar ek so seer was dat ek almal om my sou blameer. Bloei op mense wat my nie eens gesny het nie. Toe vir verandering. Totdat ek die ligskakelaar vir die donker kaner gevind het en die deur vir verandering oopgemaak het.

Nou is ek gereed om aan te beweeg. Als wat in die verlede gebeur het bly in die verlede. Ek pak 2019 aan met nuwe moed en nuwe ywer. My woord vir 2019 is persepsie. Meer daaroor in ‘n volgende blog.

Ek eindig hierdie jaar af met ‘n hart wat vol dankbaarheid klop.

Mag 2019 vir jou ook ‘n uitblink jaar wees. Mag jy hard werk vir jou doelwit en dan die vrug daarvan pluk. Mag ons baie gesels in hierdie komende jaar. Mag jy hard en uit jou maag lag. Mag jy kattekwaad aanvang. Mag jy pret hê.

Maar bo alles, mag jy die Here lief hê met jou hele hart, jou hele siel en al jou verstand. Mag jy ervaar hoe baie lief Hy jou het.

Toodles!

6 thoughts on “Hierop is ek trots.

  1. Toortsie sê:

    Ek is net so dankbaar en trots op jou en so bly dat jy die Antwoord gevind het, die Plek waar heling lê. Ek wil dit uitskree, want die seer in die wêreld raak net meer en mense besef nie dat daar regtig ‘n plek van heling is nie. Mag 2019 wonderlik wees vir jou.

    • sonell sê:

      Ek stem heelhartig saam jou. As hul net kan besef hoe maklik dit kan wees om jou seer vir Jesus te gee. Dankie Toortsie. Mag 2019 vir jou ook ‘n uitblink jaar wees.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s