Beloftes.

Vandag was ons by my Peetsus se se seun se 12e verjaardag op Newcastle. Ek onthou sy geboorte dag soos gister. Toe ek hom die eerste keer deur die venster sien met sy ou klein knopie neusie was ek dadelik lief vir hom. ❤️

Op pad terug huistoe het dit elke kort-kort gereën. Ek is dankbaar vir die reën. Ek is dankbaar dat ons dorsland water kry. Die mielies en soyas groei lieflik en my hart glimlag.

Tussen die reënbuie deur sien ons hierdie ongelooflike mooi reënboë. Die kinders het elke keer opgewonde geraak daaroor. Dit het my herinner aan die belofte wat God aan Noag en die mensdom wat na hom sou kom gemaak het met die reënboog as simbool daarvan om ons daaraan te herinner.

Die belofte was daar nooit weer so groot vloed sal wees dat dit die mense en als wat leef op die aarde uitwis nie.

Met hierdie gedagte besef ek ook dat ons God kan herinner aan Sy beloftes. Wanneer laas het jy weer gebid oor die beloftes wat jy van Hom af ontvang het? Wanneer laas het jy Hom herinner daaraan. Hy sê in Sy Woord dat ons dit mag doen! Jesaja 62:6. Moenie ophou bid daarvoor nie. Die Here sal op die regte tyd op SY manier gee.

Intussen is ons dankbaar vir die reën en vertrou ons vir oorvloedige seën regoor ons land.

Toodles!

Advertisements

6 thoughts on “Beloftes.

  1. seegogga sê:

    Dankir vir die mooi foto’s vsn die reën. Na jare hier in die Suid-Kaap, vergeet mrns soms van die droogte elders. Dankie dat jy ons herinner aan God se beloftes en ook sy genade.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s