Volgende vlak.

Ek wil van vanaand af graag elke Sondag se preek notas hier deel. Op so manier weet ek, ek gaan dit nie verloor nie en my lesers reg oor die wêreld hoor ook die Woord wat die Here op ons Pastoor se hart gedruk het.

Ek wil graag hê dat jy ook jou Bybel sal nader trek om dan ook die skrifte op te soek.

Psalm 23:1-6 weerspieël Dawid se verhouding met God.

Hoe sou jy, jou verhouding met God opsom? God openbaar Homself aan ons op ons vlak.

Die Here is ons Herder:

– God is voorsiener.

– Hy baklei vir ons.

– Hy vat goed wat ons verstaan sodat Hy goed wat ons nie verstaan nie kan verduidelik.

DL Moody skryf die volgende: “Here, my werk is om in U te glo. U werk is om Uself aan my te openbaar.”

Hierdie woorde is so waar. As ons dit elke dag kan bid dan sal ons onsself instel om God te sien in alles.

God skenk Sy teenwoordigheid aan ons en openbaar Homself aan ons deur Sy Woord. Daarom is dit so belangrik dat ons daagliks Sy Woord lees en oordink.

Gen. 18:14. God spesialiseer in die onmoontlike. Niks is vir God onmoontlik nie.

2019 is ‘n jaar van ‘next level’. Die Here wil ons verder vat en Homself aan ons openbaar. Ons moet mekaar help om op ‘n hoër vlak te kom by God. Soms het ons net iemand nodig om ons in te stamp sodat ons kan leer swem.

Fil. 3:14.

Hierdie hoë roeping is van God. Om te vergeet beteken dat ons hierdie negatiewe gedagte nie meer kos gee nie. Ek dink nie meer daaraan nie. Strek jou uit na die hoë roeping in Christus. Ons moet streef daarna om soos Jesus te wees. Jesus was volmaak in Sy liefde en afgesonder tot God.

Matt. 5:48.

Rom. 5:5.

God se volmaakte liefde word in ons harte uitgestort. Daar is geen aanstoot of afskeep in die liefde van God nie.

1 Pet. 1:16. Om heilig te wees beteken om afgesonder tot God te wees. Ons moet God se gesindheid openbaar.

Ons almal is al iewers verwerp, maar as ons na ‘n volgende vlak wil beweeg moet ons dit vergeet en daardie gedagte nie meer kos gee nie. You are accepted by the One who matters most.

Dawid het God eerste gestel. Psalm 37:5.

Ken God in al jou weë. As ons na die volgende vlak wil beweeg, moet ons God eerste stel. God is nie ‘n diensverskaffer wat ons kan koop nie. Hy wil prioriteit in ons lewens geniet.

As jy God eerste stel sal Hy jou eerste stel.

Hosea 4:6 & Jes. 5:13. (Die volk gaan ten gronde omdat hulle God nie ken nie.) Stel God eerste!

Moenie toelaat dat omstandighede jou dikteer nie. Omstandighede was teen Dawid toe hy voor Goliat gestaan het, maar hy het homself nie daaraan gesteur nie. Sy fokus was op God.

2018 kan jou nie definieër nie. Slegs God kan jou definieër. God sien jou as meer as oorwinnaar, geregverdig, heilig, bekleed met Christus. Laat toe dat God jou definieër.

Dawid lived on purpose. Hy was doelgerig. Leef doelgerig na die hoë roeping in Christus.

Toodles!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s