Dag een.

Dag een van die nuwe skool jaar is agter die rug. Vanoggend was ‘n geskarrel, maar nie so vreeslik dat dit ondraaglik was nie. Boetie se klere was al gister aand uitgesit, tasse weke terug; ( 2 weke ), al klaar gepak en als gemerk. Daarom het ek soos gewoonlik 5 uur opgestaan. Kosblikke gepak. Drinkgoed gemaak en toe word die kleingoed wakker.

Ons het so by 7uur foto’s geneem en toe is dit skool toe. Wat ‘n verwelkoming! Oral was dekor en onderwysers en onderwyseresse. Boetie het die oulikste hout balkie gekry met ‘n eet ding. Sy juffrou was sommer reg by die hek en die hoof ook. Net daar het boetie gesê: “Ok. Ek kan self.” Bedoelende dat hy self sy tas kan hanteer en instap. Na die saal opening is ons saam na sy klassie toe en daar het hy by sy tafel gaan sit. Heeltemal tevrede en uitees opgewonde. Ons het foto’s geneem en die pad gevat.

Niemand het gehuil nie. 😂 Ek het julle gesê ek gaan nie…

Na skool vra ons hoe was sy dag. Hy antwoord dat dit “bietjie” lekker was. Ter oordeel aan sy gesiguitdrukking het hy dit meer as net ‘n bietjie geniet. Hy kom later na my toe en sê dat hy wens dit is al môre. Ek vra waarom sê hy so? Waarop hy antwoord: “Want dan is dit nog ‘n Graad 1 dag.

Ons het ‘n stapel boeke ontvang om oor te trek en voor 5pm was als klaar gedoen met plak plastiek. Ek is trots op my handewerk, daar is nie een bubble nie. 😁 Wat gedoen is, is gedoen.

Vanaand was beide boet en sus pootuit en was hul vroeg bed toe. Ek het ook lamgattia. Ten minste is die egg cups gemaak en gereed om gevries te word vir die kosblikke. Nog ‘n ding minder. Môre sal ek probeer sit en kyk hoe ek my tyd beter kan bestuur, maar tot dan sê ek good night.

Toodles!

Advertisements

8 thoughts on “Dag een.

  1. seegogga sê:

    Siestog. So bly hule het dag 1 geniet. ix hulle ‘n tweeling? Ek kon nie help om my 2ling kleinkinders verlede jaar jammer te kry nie – 12 lange jare le voor…. nou is hulle in graad 2 , kan al redelik lees, en was gelukkig in gr een goed in alles.

    • sonell sê:

      Dankie* Dit is sy skooltas. Hulle trek dit agterna en kan selfs op dit sit. Wat lekker is, is die boeke word nie nat wanneer dit natreën nie. Ons het 15 boeke gekry vir die jaar. 🤦🏼‍♀️ Saam die skryfbehoeftes en als anders is hierdie tas amper te klein. Waar is die maklike dae heen?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s