Ons eerste atletiek.

Vandag was ons heel eerste Laerskool Atletiek dag. Gister het hul by die skool geoefen. Ouboet aard na my. Ons hou nie van hardloop as niks ons jaag nie. So as jy my eendag sien hardloop moet jy ook begin hardloop.

Soos die pliggie mamma wat ek is het my kind sy atletiek hempie aangehad, al was hul nie verplig nie en kon hul gewone drag dra. 😅

Die Graad 1 kindertjies het eerste gehardloop. Ouboet het ‘n draffie gevat. Hy het mooi gehardloop, maar ek weet hy kon beter. Die punt is… Hy wou nie inkom nie. 😂😂 Hy het al gisteraand vir my gesê hy wil nie inkom nie. Nou maar ja. Ek leer hom om net deel te neem aan dit wat hy sal of alreeds geniet, so dit is heeltemal aanvaarbaar vir ons dat hy gekies het om nie in te kom nie.

Nadat ouboet gehardloop het is hy huistoe. Ek het agter gebly omdat ek soos elke ander pliggie mamma my naam opgegee het om te help by die kos verkope. Ek hou daarvan om betrokke te wees. Dit bou my kind se selfvertroue, dit gee my kind die selfversekering dat ek hom ondersteun en belangstel in sy skool aktiwiteite.

Die eerste atletiek dag was ‘n sukses. Die kos verkope was vinnig en besig en lekker. Almal was in ‘n lekker luim. Selfs die pannekoek tannies het tussen die suiker en kaneel walms vir my op ‘n stadium geglimlag.

Toodles!

Advertisements

11 thoughts on “Ons eerste atletiek.

  1. HesterLeyNel sê:

    Julle outjies is vir my ‘n voorbeeld! Ek het altyd (soos my man sê), ge-duck en ge-dive wanneer dit by hierdie soort mamma-pliggies gekom het. Ter verdediging moet ek darem sê, ek het destyds ses dae ‘n week gewerk en die sewende dag probeer inhaal op wasgoed, huis skoonmaak, ens.

    • sonell sê:

      Ek sou ook dan ge-duck en ge-dive het. 😅 Vir ons wat van die huis af werk is dit makliker om deel te wees. As jy nie betrokke is nie, maak dit jou nie ‘n slegte mamma nie. Jy floreer weer in ander areas wat ek niu weer nie kan nie. Ek haal my hoed af vir kantoor of winkel werk mammas, want dit is ook weer ‘n ander ball game. 😉

  2. woordnoot sê:

    In watter skool is jou pragtige kind? Dit lyk vir my hoeka baie bekend…… en as dit die skool is waaraan ek dink is hulle gesëend met so pliggie mamma!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s