Die tandemuis en klaasvakie.

Vandag was vir ons ‘n groot en ook uitdagende dag. Ouboet het op 5 maande sy eerste twee tande gehad. TWEE tande. VYF maande. Ek was natuurlik ‘n baie trotse mamma. Twee gesonde spierwit melktandjies. Ag daardie ou lagbekkie.

Natuurlik het ek meer as een maal gehoor dat tandjies wat so vroeg uitkom nie altyd so vreeslik gesond is nie en maklik kan vrot word. Ek het my min gesteur daaraan, maar steeds soos elke ander mamma het ek steeds seker gemaak dat daardie tandjies en die ander wat kort daarna gevolg het mooi versorg en skoon is. Hy eet nie baie lekkergoed nie. Anders as kleinsus… sug … Borsel tande soos hy moet en steeds het dit ‘n probleem geword.

So vandag moes die tandemuis (tandarts) en klaasvakie (narkotiseer) kragte saamspan om ouboet se mondjie gesond te kry.

As baba en peuter het hy vreeslik met sinus gesukkel. Hierdie vuil lug by ons. Seker skoner as die stad sin, maar steeds vuil. Die gevolg daarvan is dan dat hy dan oopmond geslaap het omdat sy neusie toe was. Die tandarts sê dit is heel moontlik die gevolg van die sinusse en snot wat dan sy tande bederf het. Dit is sy kiestande wat bederf was. So daar moes ses tande getrek word wat heeltemal verbrokkel het.

Dan was sy tongetjie ook vas met die gevolg dat hy nie kon ‘R’ sê nie en soms ook gelisp het. Hy is so gebore en kon nie mooi latch met die borsvoeding nie. Ek het met die pediater gepraat daaroor, maar hy het gesê ouboet sal dit ontgroei. Wel… 6 jaar later het hy nie… Die tandarts het dit met ‘n laser losgemaak en daar is geen steke nie. Hy kan sy tong nou mooi uitsteek en wqs skaars wakker na die narkose toe probeer hy ‘Rrrrr’ sê. 😉 Ons sal oefen, so dit sal regkom.

Vanoggend moes my mamma-hart baie sterk wees. Die vorige keer toe hy in die hospitaal was, was toe hy bronchitis gehad het. Hy was skaars 17 maande oud. Ek moes sterk wees toe hy ‘n drip moes kry en elke keer wanneer die fisio hom beetgekry het om die slym los te kry van sy longetjies af. Maar vanoggend was weer op ‘n ander vlak. Die narkotiseer was ‘n ruk voor ons moes ingaan homself kom voorstel as klaasvakie. Hy het mooi aan ouboet verduidelik hoe als werk en die masker en die gas wat hy moet inasem tot hy slaap.

Ons tyd het aangebreek en ons het in die teater se wagarea inbeweeg. Ek het my groen jas, kappie en skoen oortreksels aangetrek. Ouboet het baie braaf op die bed gelê en by die venster uitgekyk na die bome en wolke en sonskyn nadat hy eers bietjie gehuil het. Ons is in na die teater en ouboet het baie braaf met sy spoegdoek in die hande op die teater bed gaan lê. Die suster wat die hart monitor op hom gesit het was verskriklik oulik. Sy het met hom gesels oor Paw Patrol en die kleure van ‘n robot (Omdat die monitor se plakkers ook elkeen ‘n kleur het). Toe is die gasmasker oor sy neus en mond gesit en moes hy inasem en die “ballon” opblaas. Dit was slegs ‘n paar sekondes, wat vir my soos ure gevoel het, voordat hy begin slaap het. Toe hy aan die slaap raak het hy effe inmekaar getrek. Die narkotiseer het ons vooraf gesê dat dit kan gebeur so dit is heeltemal normaal. My hartspiere het swaar gewigte opgetel in daardie oomblik.

Die uur wat hul met hom besig was het soos jare gevoel. Ek het probeer besig bly, maar o weë… Julle weet hoe dit gaan. Gelukkig was daar twee dogterjies wat saam ouboet in sy klas is by die skool ook daar so ons het lekker saam die ouers gesels.

Ek was doenig met my foon toe ek skielik hoor hoe ouboet huil. Dit het baie inspanning gevat om nie aangehardloop te kom nie. Hy het nie pyn gehad nie, dit is maar die effek van die narkose. Ek was nie verbaas dat hy sou huil nie, want gewoonlik as hy ‘n middagslapie gemaak het as klein seuntjie het hy ook elke keer huilerig wakker geword. Ag, ek wou hom net gryp en vashou, maar nou ja. Als het goed afgeloop en die tandarts het als verduidelik en met ons gesels. Ouboet het so rukkie gevat in die saal om mooi wakker te word, maar toe hy wakker is was hy ok. Op pad huistoe het ons kos gekry en vir hom roomys.

Nou is ons by die huis, beide ek en die hubster pootuit en ouboet en kleinsus speel lekker. Ek is verlig dat hierdie ding verby is en ek is dankbaar dat dit mooi afgeloop het.

Effe senuagtig.

Nou word die gewag bietjie lank.

Tyd vir ingaan.

Terug in die saal.

Ek moes myself hard terughou om nie saam hom op die bed te klim nie.

Uit en tuis, by die huis.

Toodles!

Advertisements

10 thoughts on “Die tandemuis en klaasvakie.

Lewer kommentaar op sonell Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s