Die soene is op.

Ag julle… Die soene is op.

Wel, nie heeltemal nie. Ek word darem nog good-night gesoen.…

Die saak staan so. Gister oggend laai ek vir boeta by die skool af. Stap saam klas toe en buk af vir my koebaai soen.

Maar niks gebeur nie.

Ek loer so met een oog en sien ‘n skaam boeta wat bietjie koes vir hierdie mamma se soen. Ek maak dit af as ‘n een dag ding, want jissie, hy het immers nog altyd belowe dat hy nooit sal ophou om my te soen nie…

Vanoggend stap ek weer saam klas toe. Jy weet. Ek is immers een van dáárdie mammas wat saamstap… Weer gee ek ‘n drukkie en wag vir die koebaai soen…

Niks.

Nou ja. Toe kry ek net so onderlangse “HmHm.” En hy loer skaam af. Nou toe die ou boggertjie. Seker skaam om sy ma te soen voor die girls. Blykbaar het hy die eerste dag van skool al sy lewenslange, (Wat wel nog nie so lank is nie), dogtertjie maatjie gevra om te trou. Sy was slim en het nee gesê. Seker maar besef trou is nie perdekoop nie. 😜 Lyk ook nie of dit vir boeta teveel worry nie. Hulle is nogsteeds soos boude die twee.

So die soene is vir eers verby. My hart is seer, maar ook trots, want die man word groot en dit is immers waarheen ons mik.

Hy moet net nie dink hy kan nou ander girls begin soen nie… 🤣

Toodles!

11 thoughts on “Die soene is op.

  1. woordnoot sê:

    Toorts het jou nou n blink plan gegee. Glimlagkind moet hierdie jaar vir haar eie seunskind klas gee….dit vir hom so akward vir hom hy het gevra dat sy asseblief so moet staan dat sy nie vir hom kan kyk nie, nou staan sy met haar rug na hom toe terwyl sy klasgee….

    • sonell sê:

      So waar, maar ek is so trots op hom as hy sê “Juffrou sê”. Dit beteken hy luister en let op in die klas. Ek hou daarvan om hom so selfstandig te sien. Soos jy sê bietjie hartseer, maar dierbaar.

Lewer kommentaar op Positief Kanselleer antwoord